Huisgenoot

HOE GEMAAK MET PLAKKERS SE DIEFSTAL?

-

Twee jaar gelede is ons geliefde oom aan covid-19 oorlede. Ons kon nie eens van hom afskeid neem nie. Hy het my en my boetie grootgemaa­k nadat ons pa gesterf het.

Tot ons ergernis het mense sy eiendom beset, maar ons kon ná twee jaar met hulp van die hof die saak beredder. Daar is egter baie skade aangerig. Persoonlik­e besittings en meubels wat geslagte lank in die familie was, en dus baie sentimente­el, is nou verlore. Ek het probeer om van die goedere deur middel van belonings terug te kry, maar dit was tot dusver vergeefs.

Ek en my broer het wettig alles geerf. Hoe maak ek nou?

Terwyl die meubels in vreemdelin­ge se hande is, kan ek nie afsluiting kry nie. Is daar ’n manier hoe ek dit kan terugkry of moet ek maar daarvan vergeet?

Hartseer

Dit is reeds baie traumaties om ’n geliefde aan die dood af te staan. Om dan boonop terselfder­tyd ’n huis en besittings te verloor, is soveel erger.

Dit is verblydend om te verneem dat julle die eiendom kon terugkry. Die waarde van tasbare artikels en meubels wat ons met geliefdes verbind, lê nie in rand en sent nie, maar in die sentiment daarvan. Daarom het ek begrip vir jou angs om dit dalk permanent te verloor.

Hoewel dit vir jou ’n sterk emosionele motivering sal wees, is dit raadsaam om nie self die goedere te gaan soek nie. Dit kan baie gevaarlik wees vir julle.

Jou eerste stap is om ’n saak van diefstal by die naaste polisiekan­toor aan te meld. Sodoende kry jy ’n saaknommer wat ook met eise by versekeraa­rs kan help. Dit sal van groot hulp vir die polisie wees as julle dalk foto’s of baie goeie sketse van die items kan voorsien. Alternatie­f kan julle ’n privaat speurder aanstel, maar neem in ag dat dit teen vergoeding sal wees. In albei gevalle kan julle wel nog ’n beloning aanbied indien goedere teruggevin­d word.

Jammer daaroor, maar as daar ten spyte van al jou moeite geen artikels teruggevin­d word nie, sal julle daarmee moet vrede maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa