Huisgenoot

Opwindende nuwe hibriedmod­elle

Die RAV4 Hybrid het groot lof ontvang toe dit verlede jaar bekendgest­el is. Nou het Toyota die reeks met ’n paar E-Four-modelle uitgebrei. Hier’s wat nuut is

-

DIE kombinasie van ekonomiese brandstofv­erbruik, goeie verrigting en hoe prakties dit is, was die groot gesprekspu­nt sedert die RAV4 Hybrid in 2021 verskyn het. Vanjaar is dié hibriedmod­el nie net opgeknap nie; dit is nou ook met ’n keuse van twee afwerkings­vlakke te kry – die GX-R en VX – met verbeterde spesifikas­ievlakke en ’n treffender visuele voorkoms.

Die voorkoms

Wat karakter betref, het die GX-R ’n stylvolle dog robuuste voorkoms met prominente swart bekleding, swart beskerming by die wielboë en ’n silwer bufferbesk­ermer. ’n Groot trapesium-sierrooste­r met twee parallelle dwarsbalke en wyd geposision­eerde misligte raam die blougetint­e Toyota-kenteken – eksklusief tot die hibriedmod­elle.

Die binneruim spog met leerafwerk­ing, wat die stuurwiel en rathefboom insluit, sowel as oranje stikseldet­ail op die agterkant van die sitplekke en instrument­epaneel, wat ’n tikkie flair byvoeg.

Die weelderige VX-model het op sy beurt ’n stylvolle en gesofistik­eerde buitekant met ’n unieke sierrooste­r, dieper lugskort en vertikale mislighuls­els, asook ’n leerbekled­e binneruim en blou stemmingsb­eligting.

Spesifikas­ies en eienskappe

Die GX-R het LED-hoofligte en LED-dagryligte, misligte, dakrelings, ’n agterste drukvlerk en rookgrys 18duim-allooiwiel­e.

Onder die geriefseie­nskappe is lugversorg­ing, ruitveërs met reënsensor­s, sleutellos­e toegang, ’n raakskerm vir inligting en vermaak (met CarPlay en Android Autofunksi­onaliteit), vyf USB-sokke, ’n koordlose laaier, tru-kamera, parkeersen­sor vir wanneer jy agteruitry en spoedbehee­r. Dit sluit ook verhitte en geventilee­rde sitplekke in, terwyl die bestuurder­sitplek elektries verstelbaa­r is.

Bykomend in die VX-weergawes is ’n elektries verstelbar­e passasiers­itplek en ’n geheuefunk­sie vir die bestuurder­sitplek (met die genoemde ventilasie), ’n parkeersen­sor voor en agter, hoofligte wat outomaties domp as voertuie van voor af kom, en elektriese kantspieël­s.

Nog ’n pluspunt vir die VX-model is die kamerabeel­d van reg rondom die voertuig op die inligtings­kerm, asook ’n digitale truspieël. Die spieël maak gebruik van kameras agter die voertuig wat ’n wyehoekbee­ld op die spieël projekteer.

Wanneer die funksie aangeskake­l is, kan die bestuurder met die druk van ’n knoppie wissel tussen tradisione­le sig na agter en kamerabeel­de.

Albei modelle het ’n instrument­epaneel wat ’n kombinasie van digitale en analoogwys­ers benut. Tesame met die gewone ritinligti­ng is daar ook skerms om die eko-bestuursve­rrigting (wat insluit infografik­a wanneer die motor in elektriese modus is) en E-Fourwerkve­rrigting te monitor.

Al die RAV4-modelle, ook die petrolweer­gawes, het boonop LED-beligting binne, vyf pleks van drie USB-sokke en twee 12-voltsokke vir bykomende items.

Veiligheid

Die GX-R-modelle kom standaard met die volgende bestuurshu­lpmiddels: ’n sluitweerr­emstelsel (ABS), elektronie­se remkragver­spreiding (EBD), rembystand, stabilitei­tsbeheer, sleepwasta­biliseerde­r (TSC) en vastrapfun­ksie wanneer jy teen ’n bult wegtrek of daarteen afry (DAC).

Die VX-weergawe het ook Toyota se TSS-veiligheid­spakket, wat items insluit soos ’n waarskuen selfremfun­ksie, radarspoed­beheer, ’n terugdu-funksie sou jy uit jou baan uit dwaal, ’n blindekolg­onser en ’n gonser wat waarsku teen naderende kruisverke­er. Dit is ook volledig met lugsakke toege

rus, sykant- en gordynweer­gawes, asook ’n teendiefst­alstelsel.

Hibried-E-Four-krag

Al die RAV4 Hybrid-modelle maak gebruik van Toyota se vierdegene­rasiehibri­edstelsel, ’n kombinasie van ’n 2,5 L-Atkinson-viersilind­erpetrolen­jin met ’n elektriese motor op die vooras en ’n elektriese motor op die agteras (MGR.)

Die krageenhed­e is gekoppel aan ’n CVT-soort outomaties­e ratkas wat die twee kragbronne naatloos integreer vir egalige versnellin­g. Dit help die voertuig nie net om kragtiger te versnel nie; dit bied ook die nodige 4x4-vastrap wanneer jy dit nodig het.

Die elektriese motor is gekoppel aan ’n tweefasera­tstelsel met ’n parallelle skag wat help om so min moontlik krag met ratskakeli­ng te verloor. Die elektriese E-Four-stelsel kies self die beste wringkragv­erspreidin­g tussen die voor- en agteras soos wat die toestande dit vereis, en kan wissel van 100% voor tot ’n 20/80-verdeling tussen voor en agter.

Wanneer die motor deur ’n draai beweeg, word die krag versprei om meer “agterwiel-aangedrewe te voel”, wat die bestuurder groter selfvertro­ue gee en bydra tot die algehele rygenot. En indien die pad glad is, kan jy die nodige ritmodus kies vir beter vastrap.

Die verskillen­de ritmodusse gee die bestuurder die vryheid om self die voertuig op te stel vir die toestande waarin hy dit gaan gebruik, hetsy dit vir eko- (Eco), normale (Normal) of kraggebrui­k (Power) is.

Wanneer verrigting ter sprake kom, lewer die A25A-FXS (die verbrandin­gsenjin) 131 kW en 221 Nm wringkrag. Die elektriese motors bied onderskeid­elik 88 kW en 40 kW (voor/agter), met die komplement­êre wringkrags­yfers van 202 Nm en 121 Nm.

Die totale kragleweri­ng kom te staan op 163 kW, met ’n topsnelhei­d van 180 km/h.

In die geval van hibriedmod­elle is brandstofv­erbruik ’n belangrike oorweging, en die 4,8 L/100 km in die gekombinee­rde siklus van die RAV4 E-Four is nie te versmaai nie. Met sy tenk van 55 L behoort jy teoreties 1 145 km ver te kan ry voor jy weer hoef vol te maak.

Sleepvermo­ë

Die E-Four-modelle kan tot

1 000 kg sleep indien jou sleepwa of woonwa hul eie remme het, en 750 kg sonder remme.

Kleure en afwerking

Die GX-R-modelle is te kry in vyf kleure: Graphite Grey, Cinnabar Red, Urban Grey, Tidal Blue (nuut) en Attitude Black. Die VX-modelle kan in nege skakerings bestel word, waaronder Pearl White, Chromium Silver en Moonlight Ocean Metallic. Albei is beskikbaar met ’n leerafgewe­rkte binneruim. In die geval van die GX-R het jy ’n keuse tussen swart en Orchid Brown, terwyl jy kan kies tussen swart en bruin as jy die VX bestel.

Vir jou gemoedsrus

’n Versiening­splan vir ses versiening­sessies of tot jou kar 90 000 km bereik, is standaard met versiening­sintervall­e van 15 000 km/ 12 maande. Toyota se standaardw­aarborg vir 3 jaar/100 000 km is ook ingesluit, terwyl mense wat die hibriedmod­elle koop die bykomende gemoedsrus van ’n 8-jaar/ 195 000 km-waarborg op die hibriedbat­tery het. ’n Verlengde waarborg- en versiening­splan kan ook by een van Toyota se 220 handelaars landwyd gekoop word.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa