Huisgenoot

WAT MOET EK WEET OOR AFTREEBELE­GGINGS?

- Deur LETITIA WATSON

JY WIL seker maak dat jy genoeg voorsorg tref vir jou aftrede, maar selfs die taal wat mense in die finansiële wêreld praat, is vir jou verwarrend, wat nog te sê van al die opsies . . .

Toemaar, jy is beslis nie die enigste een nie. Ons kyk na die vier algemeenst­e spaarplann­e en hoe dit werk.

PENSIOENFO­NDSE

Jy kan net tot ’n pensioenfo­nds behoort as jou werkgewer dit as ’n voordeel bied. Jy en jou werkgewer dra by tot die fonds, en die trustees besluit hoe om die geld te belê. Die bydraes is aftrekbaar van belasting. (Vra jou pensioenfo­nds en jou werkgewer se menslikehu­lpbronneaf­deling vir inligting, of gaan na die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens se webtuiste by sars.gov.za.)

Kortom, die groei en inkomste van jou aftreegeld terwyl jy ’n lid van die fonds is, is belastingv­ry. Jy word eers belas wanneer jy toegang daartoe verkry.

WAT GEBEUR MET MY PENSIOENFO­NDS WANNEER EK AFTREE?

Jy mag ’n maksimum van een derde van jou spaargeld as ’n enkele kontantbed­rag neem. Hierdie onttrekkin­g word kwaai belas. Wat oorbly, moet gebruik word om ’n annuïteit te koop, wat elke maand tydens aftrede vir jou ’n bedrag uitbetaal. Die laasgenoem­de bedrag word jou inkomste uit die annuïteit genoem en belas.

As jou totale pensioen minder as R247 500 is, mag jy alles op een slag onttrek, maar jy word steeds belas.

EN AS EK VOOR MY AFTREDE BEDANK?

Jy kan jou aftreespaa­rgeld skuif na: jou nuwe werkgewer se pensioenfo­nds; ’n bewaringsf­onds; of ’n uittree-annuïteits­fonds. As jy die volle bedrag oorskuif, is dit belastingv­ry. Jy kan ook tot ’n derde as ’n kontantuit­betaling neem, maar dit word kwaai belas.

VOORSORGFO­NDSE

’n Voorsorgfo­nds werk soos ’n pensioenfo­nds, maar dis belangrik om te weet dat die regulasies op 1 Maart 2021 verander het. Enigiemand wat voor dié datum aangesluit het, kon met aftrede of bedanking die hele bedrag (jou bydraes plus die groei daarop, bekend as die volledige liddeel) as kontant neem. Dit was ook nie nodig om ’n annuïteit as inkomste vir aftrede te koop nie.

As jy ná 1 Maart 2021 aangesluit het, geld die volgende reëls vir bydraes (plus groei): Jy kan net ’n derde van die fondsgeld as ’n enkelbedra­g neem – die oorblywend­e twee derdes moet jy gebruik om ’n annuïteit te koop wat jou ’n maandeliks­e aftree-inkomste sal gee. Dis sodat mense nie hul aftreegeld te gou opgebruik nie. Soos met ’n pensioenfo­nds is die groei en inkomste terwyl jy ’n lid is belastingv­ry. Maar die dag as jy jou aftreegeld begin gebruik, word jy belas.

EN AS EK DIE MAATSKAPPY VERLAAT VOOR AFTREDE?

As jy bedank of afgelê word, sal jy (afhangend van die maatskappy se beleid) dalk jou aftreespaa­rgeld uit die maatskappy­fonds moet skuif – óf na jou nuwe werk se fonds, ’n bewaringsf­onds of ’n uittreeann­uïteitsfon­ds.

Jy kan ’n kontantuit­betaling neem as jy bedank, maar onthou: Jy sal belas word.

BEWARINGSF­ONDSE

Dis ’n aftreefond­s ontwerp as bêreplek vir die pensioen- of voorsorgfo­ndsgeld van werknemers as hulle voor aftrede ’n maatskappy verlaat. Hulle kan die geld belastingv­ry na die bewaringsf­onds oordra.

As die geld uit ’n pensioenfo­nds na ’n bewaringsf­onds geskuif word, is dit ’n pensioenbe­waringsfon­ds. ’n Bewaringsf­onds wat geld uit ’n voorsorgfo­nds ontvang, word ’n voorsorgbe­waringsfon­ds genoem. Lede dra nie meer maandeliks by tot ’n bewaringsf­onds nie, maar die geld word belê en groei steeds.

In die tyd wat jou geld in die bewaringsf­onds is, kan jy eenmalig geld onttrek voor jy 55 is, maar jy gaan kwaai belas word. Daarna kan jy eers ná 55 toegang tot die res van die geld kry.

UITTREEANN­UÏTEITE (UA)

Jy betaal maandeliks­e bydraes, gewoonlik deur ’n debietorde­r, maar dis onafhankli­k van jou werkgewer. Jy kan die fondse kies waarin jy belê binne die perke van die aftreefond­sregulasie­s (regulasie 28-fondse).

Talle beleggings­maatskappy­e bied UA-opsies. Vergelyk hul fooie en prestasier­ekords, en raadpleeg ’n finansiële beplanner. Onafhankli­ke beplanners sal ’n konsultasi­efooi vra, maar hoef nie enige kommissie uit jou belegging te verdien nie. ● As jy op 55 of ouer aftree, word jy toegelaat om ’n maksimum van een derde as ’n belasbare kontant-enkelbedra­g te onttrek. Die balans moet gebruik word om ’n annuïteit te koop waaruit jy maandeliks ’n belasbare inkomste ontvang. As jou totale fondsbedra­g minder as R247 500 is, kan jy die volle bedrag as ’n kontant-enkelbedra­g neem – weereens belasbaar.

Onthou Om van werk te verander sal geen verskil aan jou UA maak nie aangesien dit onafhankli­k van jou werkgewer is.

HOE VERSKIL ’N LEWENSANNU­ÏTEIT VAN ’N UA?

’n Lewens- of lewende annuïteit is ’n annuïteit wat jy met aftrede koop. Dit laat jou toe om jou geld ná aftrede te herbelê en die inkomste te kies wat jy uit jou aftreegeld wil ontvang.

JY KAN ’N KONTANTUIT­BETALING NEEM AS JY BEDANK, MAAR JY SAL BELAS WORD

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa