Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Dis te verstane dat jy opgewonde voel oor hoe jou werkvoorui­tsigte tans lyk. Met die ontmoeting van Mars (motivering) en Jupiter (geleenthei­d) in hierdie deel van jou lewe moet jy so hard as wat jy kan werk om vordering te maak. Jy het die ondersteun­ing van jou span, en almal wil graag sien dat jy sukses behaal. Druk is nietemin stresvol, so neem die tyd om te rus en te herlaai. GELUKKIGE NOMMERS 10, 21, 30, 47, 23, 13

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Ander kulture of bestemming­s interessee­r jou die week, en as jou geldsake en skedule dit toelaat, sal dit ’n ideale tyd vir ’n onvergeetl­ike reis wees. Dit beteken dalk dat jy virtueel sal moet reis deur aanlyn na reisprogra­mme te kyk. Al val die klem op vakansie en ontspannin­g, moet jy nie ’n kans laat verbygaan om finansieel uit ’n winsgewend­e werkaanbod voordeel te trek nie. As jy boonop die twee kan kombineer, staan die wêreld oop vir jou.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 25, 41, 47, 39, 7

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

As jy en jou maat gewag het vir toegang tot fondse om óf te belê óf om ’n eiendom op te knap, wag daar dalk vandeeswee­k goeie nuus. Waak egter daarteen om roekeloos te wees, want dit sal te maklik wees om daardie geld te blaas nog voor dit in jou rekening is. Bly gefokus en bestee die geld verstandig en waarvoor dit bedoel was. ’n Nuwe hoofstuk begin

moontlik by die werk, hetsy dit ’n nuwe posbeskryw­ing of ingesteldh­eid is. GELUKKIGE NOMMERS 13, 39, 43, 48, 42, 14

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jou regerende planeet, Venus, verander tekens en vestig hierdie week in die oorvloedig­e Bul. Benut dit ten volle deur aktiwiteit­e aan te pak wat al jou sintuie prikkel. Jou geliefde is boonop in ’n vrygewige bui, so moenie te trots of te skaam wees om te aanvaar wat tans aangebied word nie. Vir enkellopen­des is daar op die oomblik ’n groter kans om iemand te ontmoet, ’n band te smee of iets nuuts te begin, en jy gaan dalk kan kies en keur.

GELUKKIGE NOMMERS

11, 28, 49, 51, 33, 18

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Die liefdesdiv­a, Venus, vestig hierdie week in jou liefdestek­en, en jy het oënskynlik net oë vir jou geliefde. Dis ’n goeie tyd om jou verhouding te versterk of troubeloft­es te hernu. As jy eers weet hoe om oor die weg te kom, sal jy sekerlik nooit weer ’n rusie wil hê nie. Daar kan heelwat onenigheid by die werk voorkom, maar moenie terugdeins om die vrede te bewaar nie. Verdedig jou standpunt en staan jou man. GELUKKIGE NOMMERS

8, 43, 51, 52, 44, 34

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Jy is hierdie week in jou element en moet dalk veral bewus wees van jou neiging om nie te weet wanneer om briek aan te draai nie. Die kombinasie van die uitbundige

Mars met jou regerende planeet, Jupiter, dui daarop dat jy in die bui is vir ’n viering, ’n partytjie of samesyn. Vir ’n veranderin­g lyk jou liefdeslew­e onaangeraa­k deur dit alles, en daar is die belofte van ’n moontlike nuwe begin vir julle twee. GELUKKIGE NOMMERS

1, 13, 34, 49, 18, 7

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy kan vir ’n veranderin­g bekostig om so ’n bietjie te ontspan. Jy is van nature onverstoor­baar en dikwels die bewaarder en laaste verdedigin­g aangesien dit vir jou tweede natuur is om verantwoor­delikheid vir dinge te aanvaar. Daar is rede tot feesvierin­g in die gesin, of dit nou danksy ’n nuwe toevoeging of uitbreidin­g is of die vooruitsig om meer ruimte te hê. Die liefde lyk ook rooskleuri­g met die liefdesgod­in, Venus, wat ’n mede-aardteken betree.

GELUKKIGE NOMMERS

6, 17, 30, 43, 29, 9

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Jy is een van daardie mense wat nooit ’n tekort het aan idees of uitvinding­s nie, maar vandeeswee­k is veral die kersie op die koek, en jy kan sien hoe een van jou idees vlerke kry en al hoe hoër vlieg. As jy ’n voorleggin­g moet doen of iemand van die lewensvatb­aarheid van ’n projek moet oorreed, kan jy volstoom en met selfvertro­ue voortgaan. Dit kan ’n bietjie nuwe geesdrif in ander kreatiewe projekte beteken en is dalk net die hupstoot wat jy nodig het om vordering te maak. GELUKKIGE NOMMERS

11, 16, 49, 50, 22, 3

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Net omdat jou geldsituas­ie baie beter lyk, beteken dit nie jy moet alles blaas nie. Dis die perfekte tyd om jou finansiële strategie reg te ruk en maatreëls in plek te stel wat jou beleggings en/ of spaargeld ’n hupstoot sal gee. Wees versigtig om risiko’s te neem pleks van deurdagte keuses te maak. Jou huis en gesin moet ’n finansiële prioriteit wees. GELUKKIGE NOMMERS

2, 16, 49, 50, 22, 3

RAM

21 MRT – 19 APR

Jy is tans die ster van die hemelse vertoning met die kragtige ontmoeting tussen jou heersende planeet, Mars, en die planeet van geluk, Jupiter, in jou teken. Dis jou kans om jouself te bevorder en ander te oortuig dat jy die moed, geesdrif en dryfkrag het om iets wesenlik deur te voer. Dit is dalk nie die perfekte tyd om die kontrak te onderteken nie, maar begin solank woorde op papier kry. GELUKKIGE NOMMERS 22, 32, 50, 51, 40, 26

BUL

20 APR – 20 MEI Tevredenhe­id is vandeeswee­k binne jou bereik. Nie net vestig jou heersende planeet, Venus, in jou teken nie, maar dit gaan tans goed met jou en jou geliefde, wat baie sal help om jou tevrede en rustig te laat voel. Bederf julle met ’n romantiese wegbreek waar ontspannin­g die enigste doel moet wees. ’n Nuwe idee oor hoe om jou inkomste te verbeter, is aan die ontwikkel; koester dus daardie saadjie. GELUKKIGE NOMMERS

2, 24, 31, 47, 30, 13

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa