Huisgenoot

GEBAKTE RISOTTO MET PAMPOEN EN CAMEMBERT

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR

875 ml (3½ k) klaarberei­de pampoensop 500 ml (2 k) groenteaft­reksel

30 ml (2 e) olyfolie

1 groot ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

5 vars salieblare

300 g arboriorys

60 g parmesaans­kaafsels sout en peper, na smaak 350 g pampoen, in wiggies gesny

250 g heel camembert 30 ml (2 e) olyfolie, plus ekstra

12 vars salieblare

60 g bronkors, stele afgesny

15 ml (1 e) suurlemoen­sap 45 g geroosterd­e haselneute, gekap

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Bring die sop en aftreksel tot kookpunt in ’n middelslag­kastrol. Verlaag die hitte en laat prut sonder ’n deksel. 3 Verhit intussen die olie in ’n middelslag­braaipan oor matige hitte.

Braai die ui, knoffel en salie 5 min. of tot die ui sag is terwyl jy af en toe roer. Voeg die rys by die uiemengsel en meng goed. Roer die sopmengsel en die helfte van die parmesaan in. Geur met die sout en peper.

4 Skep die risotto in ’n vlak oondvaste bak. Pak die pampoen boop, druk dit effens in en plaas die camembert in die middel. Bedek met foelie. 5 Bak die risotto 15 min. en roer halfpad deur die baktyd liggies sonder om die camembert te versteur. Bak nog 25 min. of tot die rys en pampoen sag is. 6 Verhit intussen die ekstra olyfolie in ’n klein braaipan oor matige hitte. Braai die salieblare 1 min. of tot bros. Dreineer op kombuispap­ier. 7 Meng die bronkors en suurlemoen­sap in ’n middelslag­bak. Geur met sout en peper. 8 Rond die risotto af met die haselneute, bros salieblare en die oorblywend­e parmesaan en sit voor saam met die bronkorssl­aai.

 ?? ?? t – teelepel/s e– eetlepel/s k – koppie/s
t – teelepel/s e– eetlepel/s k – koppie/s

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa