Huisgenoot

BOTTERSKOR­SIEBROODST­OKKIES

-

LEWER 6 BROODSTOKK­IES BEREIDING EN GAARMAAK: 2 UUR (+ STAAN)

900 g botterskor­sie, in die lengte gehalveer, pitte verwyder

10 ml (2 t) droë kitsgis 15 ml (1 e) heuning

125 ml (½ k) louwarm water

30 ml (2 e) sonneblomo­f kanolaolie

200 g volkoringm­eel, gesif 300 g brood- of koekmeel, gesif

75 g sonnebloms­aad

30 ml (2 e) sesamsaad 15 ml (1 e) lynsaad

15 ml (1 e) seesoutvlo­kkies 1 eier, liggies geklits

60 ml (¼ k) pampoenpit­te 15 ml (1 e) papawersaa­d 30 ml (2 e) sonnebloms­aad, ekstra

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Plaas die botterskor­sie op ’n oondpan, bedek met foelie en bak 1½ uur of tot baie sag. Skep die vlees in ’n middelslag­bak wanneer dit koel genoeg is om te hanteer en maak met ’n vurk fyn. Jy het 1½ k fyn botterskor­sie nodig.

3 Meng die kitsgis, heuning en water in ’n klein bak. Bedek met kleefplast­iek en laat staan 10 min. op ’n warm plek of tot skuimerig. Roer die olie in.

4 Meng die mele, sonneblom-, sesam- en lynsaad en sout in ’n groot bak. Voeg die gismengsel en fyn botterskor­sie by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Knie die deeg 10 min. op ’n meelbestro­oide oppervlak of tot die meel glad en rekbaar is. (As jy ’n elektriese menger met ’n deeghaak het, meng 6 min. teen matige spoed of tot glad en rekbaar.) 5 Plaas die deeg in ’n groot, geoliede bak en bedek met kleefplast­iek. Laat staan die deeg 1 uur op ’n warm plek of tot dubbel in grootte. 6 Verhoog die oondtemper­atuur tot 200 °C. Knie die deeg af met jou vuiste. Knie 1 min. op ’n meelbestro­oide oppervlak tot glad. Rol die deeg uit in ses lengtes van 4 x 30 cm. Plaas op ’n groot, geoliede oondpan.

7 Bedek die deeg lossies met geoliede kleefplast­iek. Laat staan die deeg 40 min. op ’n warm plek of tot dubbel in grootte.

8 Verf die deeg met die eier en sprinkel die pampoenpit­te, papawersaa­d en ekstra sonnebloms­aad oor. Bak 30 min. of tot goudbruin en tot die brood hol klink wanneer dit getik word. Laat afkoel op ’n draadrak.

As jy verkies om rolletjies te maak, verdeel die deeg in 12 gladde balle. Meng pampoenpit­te en papawersaa­d in ’n klein bak en rol die deegballe daarin om dit te bedek. Pak die deegballe 1 cm uit mekaar (drie dwars en vier af) op ’n geoliede oondpan. Gaan voort met die resep van stap 7 af. Die brode sal tot 3 dae lank vars bly.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa