Huisgenoot

HOE TAKEL EK DIT?

-

Omskep dit in ’n geleenthei­d Ons het almal innerlike dialoog wat ons gedagtes en optrede rig, maar jy kan jou innerlike stemmetjie as ’n vriend pleks van ’n vyand beskou. “Praat met jouself nes jy met ’n vriend sal praat,” sê die Johannesbu­rgse berader Belinda Gruenbaum. “Aanvaar nuttige gedagtes en gooi die res weg.” Die deursneeme­ns het elke dag sowat 60 000 gedagtes, sê die Kaapse sielkundig­e Rosa Bredenkamp. “Jy het dus 60 000 kanse om jou selfbeeld op te bou of af te breek.” Leer jou innerlike kritikus ken

Wees bewus wanneer jou kritikus hul verskyning maak, sê Belinda. Identifise­er die plek, tye en gebeure of mense wat dit veroorsaak. “Dit sal jou help om daarvoor voor te berei en met strategieë vorendag te kom om negatiewe gedragspat­rone te verander.” Vestig jou aandag op iets

anders. As jy die patroon van afbrekende gedagtes ken, kan jy die oomblik dat jy daarvan bewus raak op iets anders fokus. “Dit gee jou kans om te ontspan sodat jy beter kan dink, beplan en oor jouself en jou lewe oordeel,” sê Rosa.

Vermy veralgemen­ing Probeer die groter prentjie onthou, sê Melody Wilding, die skrywer van Trust Yourself: Stop Overthinki­ng and Channel Your Emotions for Success at Work. So waak jy teen wat sy die “kollig-effek” noem, waar jy oorskat hoeveel aandag ander mense aan jou skenk. Moenie so fokus op een slegte gebeurteni­s wat die uitsonderi­ng en nie die reël is nie. Haar raad is dat jy uiterse stellings vermy, goed soos “Ek maak altyd droog” of “Niemand gaan ooit vir my luister nie” of “Dit gebeur elke keer”.

Amy Morin, ’n maatskapli­ke werker en psigoterap­eut, beaam dit en sê jy moet sulke stellings met realisties­er stellings vervang. Pleks van om te sê: “Ek sal nooit ’n bevorderin­g kry nie,” sê eerder: “As ek hard werk en aanhou belê in myself, kan ek eendag bevorder word.”

Ondersoek die bewyse Besef en aanvaar dat jou gedagtes nie altyd waar is nie en dikwels oordrewe negatief is, sê Amy. As die stemmetjie in jou binneste sê: “Ek gaan myself verneder wanneer ek die aanbieding

doen,” vat ’n oomblik en skryf die bewyse neer wat daarop dui dat jy gaan misluk. Skryf dan al die bewyse neer dat jy nie sal nie. “Om na albei kante se bewyse te kyk help jou om meer rasioneel en minder emosioneel na die situasie te kyk,” sê sy. Gee jou emosies ’n spertyd

“Om jouself te kasty kan jou bui, fokus en produktiwi­teit bederf,” sê Melody. Sy stel voor dat jy ’n stophorlos­ie stel vir ’n bepaalde tyd – en jouself toelaat om jou emosies vir dié tyd volledig te ervaar en verwerk. “As die tyd verstreke is, maak ’n doelbewust­e keuse oor hoe jy vorentoe wil gaan. Definieer hoe jy wil voel en watter aksies jou nader aan die gemoedstoe­stand sal bring,” skryf sy. Gebruik positiewe bevestigin­g Deur jouself aan van jou goeie eienskappe te herinner, of jouself te loof as jy ’n taak goed afgehandel of situasie goed hanteer het, weerspreek jy die stroom van negatiewe gedagtes. “Dit is nuttig om die dinge hardop te sê of om dit neer te skryf. Dit help jou om die waarheid te onthou van wie jy is en moedig jou aan om in jouself te glo,” sê Belinda.

Oorweeg terapie As jy dit nie regkry om jou innerlike kritikus stil te maak nie, en jy kan voel hoe dit jou geluk en sukses belemmer, kan jy kognitiewe gedragster­apie oorweeg, sê Belinda.

‘JY HET DAAGLIKS 60 000 KANSE OM JOU SELFBEELD OP TE BOU OF AF TE BREEK’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa