Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

TWEELING

21 MEI – 20 JUNIE

Jy sal waarskynli­k weer kan huppel van vreugde wanneer jou heersende planeet, Mercurius, ophou agteruit beweeg. As jy voel jy is van sosiale in

KREEF

21 JUN – 21 JUL

As jy geweifel het om oor ’n sekere kwessie tot ’n besluit te kom, sal jy bly wees om te hoor dat met dié dat Mercurius reguit beweeg jy die nodige inligting behoort te hê om ’n belangrike besluit te neem. As dit ander mense se geld behels – geleen of gedeel – lyk dit asof dit die uitweg is, al voel dit soos ’n las of ’n verantwoor­delikheid. Vergelyk dit met die gevoel van jou eerste huis koop. GELUKKIGE NOMMERS

4, 18, 36, 45, 21, 11

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Hierdie week behoort jy genoeg bewyse te kry om te weet jy was reg om ’n besluit oor geld uit te stel. Jou aanvoeling was waarskynli­k in die kol en jy was reg om te dink jy het nog nie die hele prentjie nie. Daarby het jou lewensmaat of sakevennoo­t hulle ook die afgelope ruk soos ’n handrem gedra, iets wat jou diep sou frustreer het. Nou kan julle saam gaan sit, jul opsies bespreek en ’n verbinteni­s maak. GELUKKIGE NOMMERS 4, 36, 45, 47, 43, 14

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Werk het waarskynli­k die afgelope paar weke soos ’n plek van frustrasie gevoel sedert jou heersende planeet, Mercurius, begin agteruit beweeg het. Die goeie nuus is dat Mercurius vandeeswee­k op die 3de begin vorentoe beweeg. Dit beteken jy kan vir jouself die taak stel om al daardie onafgehand­elde take klaar te kry. Gee jouself tyd om eers in te haal en orde te skep voor jy die nuwe projekte of planne teraksie en stimulasie ontneem, kan jy jouself gelukkig in die sosiale media herskep. As jy regsake het om aan aandag te gee, sal dit wys wees om alle aspekte

aanpak wat gewis jou belangstel­ling sal prikkel. GELUKKIGE NOMMERS 6, 17, 48, 51, 30, 10

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jy is gelukkig wanneer sake aan die liefdesfro­nt glad verloop, iets wat dalk die afgelope ruk gesukkel het en uit ritme was. As jy en jou geliefde in ’n oorlog van stilstuipe gewikkel was, is dit tyd om die atmosfeer te ontvries en mekaar toestemmin­g te gee om reguit te praat. Hou in gedagte diplomasie is jou tweede naam, dus is dit onwaarskyn­lik dat jy iemand sal aanstoot gee. Verminder jou skuld waar moontlik. GELUKKIGE NOMMERS

13, 27, 44, 47, 31, 26

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jy moes die afgelope ruk op jou lip byt, en die gevoel dat jy jou emosies moet onderdruk, kan jou vandeeswee­k onderkry. Haal diep asem en skryf eers neer wat jy wil sê voor jy jou mond oopmaak. Jou geliefde is dalk aan die ontvangkan­t van skerp kritiek, wat jy voor jou siel weet getemper kan word. Oorweeg die langtermyn-uitwerking op jou verhouding eerder as om op onmiddelli­ke bevredigin­g te fokus.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 29, 42, 45, 34, 9

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Jy is dalk nie ingenome daarmee dat jou lewensmaat/ eggenoot se aandag vandeeswee­k deur werksake in beslag geneem word nie. Probeer dit nie persoonlik opneem nie, want hulle sukkel waarskynli­k om kop bo water te hou. Sake behoort van die saak behoorlik na te vors en dit nie blindeling­s aan te pak nie. Beoefen selfbeheer­sing en geduld.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 20, 30, 42, 29, 11

vandeeswee­k geleidelik en stadig te verbeter. Gee hulle dus die voordeel van die twyfel. Maak ’n punt daarvan om sake en kwessies wat jou pla vir bespreking te opper. GELUKKIGE NOMMERS

13, 17, 32, 41, 31, 15

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy moes die afgelope ruk van jou planne op die lange baan skuif, veral dié wat reis en/of reëlings behels. Dit sou jou frustreer het, want jou lewe is gegrond op georganise­erd wees. Boonop dui die herhalende spanning tussen Mercurius, kommunikas­ie, en jou heerser, Saturnus, daarop jou woorde het dalk op dowe ore geval. Dit word alles van die 3de af omgekeer – wat jou uit jou vel sal laat spring van blydskap, want jy sal weereens georganise­erd kan wees.

GELUKKIGE NOMMERS

1, 10, 19, 25, 15, 7

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Met dié dat Saturnus, die groot taakmeeste­r, nou deur jou teken beweeg, is jy waarskynli­k daarin verdiep om sekere areas van jou lewe te herskep, veral wat werk en/of familie betref. In onlangse weke was jou frustrasie­vlakke hemelhoog, maar dit sal vandeeswee­k verander. Vat jou tyd om uit te pluis hoe jy die beste met ’n projek kan voortgaan en verbind jou dan daartoe om dit met passie na te jaag.

GELUKKIGE NOMMERS

7, 11, 40, 49, 33, 9

VISSE

19 FEB – 20 MRT Kommunikas­ie tussen jou en jou lewensmaat/eggenoot was dalk nie van die beste terwyl Mercurius agteruit beweeg het nie. Dit sal ten goede verander wanneer Mercurius op die 3de van rigting verander. Hou jou in toom, want jy het dalk ’n geneigdhei­d om verlore tyd te wil inhaal, maar dit kan ’n bietjie oorweldige­nd wees. Dit sal selfs beter wees as jy ondanks die erns van die onderwerp ’n ligte toon kan behou,.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 26, 38, 39, 34, 14

RAM

21 MRT – 19 APR

Voor jy ’n kontrak onderteken wat met ’n geldsaak te doen het, moet jy ’n goeie vriend raadpleeg wat in daardie veld ervaring het. ’n Geleenthei­d om saam met ’n vriend by ’n sakeprojek betrokke te raak, kan ook opduik. As jy dit kan doen sonder dat dit met jou eintlike werk inmeng, kan dit die begin wees van iets wat mettertyd vrugte kan afwerp. Natuurlik moet jy in jou vriend vertroue hê. GELUKKIGE NOMMERS

4, 25, 43, 47, 33, 9

BUL

20 APR – 20 MEI

Baie van die eentonighe­id daarvan om met Mercurius in trurat te doen te hê, kan binnekort vergete wees, en jy kan weer van jou planne wat moes wag in werking stel. Dit sal ook na jou loopbaan toe oorspoel, maar op ’n positiewe manier. Al wag moeilike besluite daar op jou, weet jy ook jy kan ’n groot besluit nie langer uitstel nie. Dit is dalk nie die laaste woord oor die onderwerp nie, maar hou aan werk in daardie rigting. GELUKKIGE NOMMERS

6, 19, 26, 42, 23, 15

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa