Huisgenoot

1 JUNIE 1773 WOLRAAD WOLTEMADE RED 14 LEWENS

-

Toe ’n besonder woeste storm Tafelbaai naby Kaapstad in 1773 tref, was die seilskip De Jonge Thomas, wat in die baai op anker gelê het, in ’n baie slegte posisie. Die kaptein, Barend Lameren, het besluit om die skip ten gronde te laat loop terwyl hy nog die plek daarvoor kon kies. Hy het die laaste ankertou gesny en die skip het by Woodstocks­trand naby die Sout riviermond­ing op die sand gedryf. Daar het die golwe gou veroorsaak dat dit begin opbreek. Van die matrose aan boord het kus toe probeer swem, maar die rivier het sterk afgekom; baie van hulle is daarom dieper die see ingetrek en het verdrink.

Mense het op die strand staan en kyk hoe matrose aan die skip vasklou – en party het gewag om iets te kan steel wat uitspoel; daarom is soldate na die strand gestuur om orde te handhaaf. Een van dié soldate, Christiaan Ludwig Woltemade, se pa, Wolraad, het te perd vir hom kos gebring.

Hy het besluit om van die matrose te probeer red en is met sy perd, Vonk, die water in.

Vonk kon goed swem, en hulle is deur die onstuimige see tot by die skip, waarna Wolraad twee matrose strand toe gevat het. Hulle het dit nog ses keer gedoen en altesaam 14 lewens gered. Maar teen dié tyd was Vonk al baie moeg – en die matrose het besef dat die agtste keer waarskynli­k die laaste sou wees. Hulle het Wolraad en die perd oorval, en hulle het verdrink. Op die ou end het 47 van die matrose aan boord oorleef.

Wolraad het aanvanklik geen erkenning gekry nie. Maar die Sweedse natuurkund­ige Anders Sparrman, wat die hele reddingspo­ging dopgehou het, het daaroor geskryf in sy bekende boek Reize naar de Kaap de Goede Hoop 1772-1776. Later is Suid-Afrika se hoogste medalje vir dapperheid na hom genoem.

 ?? ?? Steenkool word uit ’n vragskip op vragmotors gelaai by ’n hawe in Indonesië. Handel in Indonesië beleef ’n bloeitydpe­rk omdat die land ’n belangrike uitvoerder van steenkool, palmolie en minerale is terwyl daar wêreldwyd minder hiervan beskikbaar is weens die oorlog in Oekraïne.
Steenkool word uit ’n vragskip op vragmotors gelaai by ’n hawe in Indonesië. Handel in Indonesië beleef ’n bloeitydpe­rk omdat die land ’n belangrike uitvoerder van steenkool, palmolie en minerale is terwyl daar wêreldwyd minder hiervan beskikbaar is weens die oorlog in Oekraïne.
 ?? ?? ’n Kunstenaar­svoorstell­ing van Wolraad Woltemade se reddingsda­de in Tafelbaai.
’n Kunstenaar­svoorstell­ing van Wolraad Woltemade se reddingsda­de in Tafelbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa