Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

Neels van Jaarsveld en Florinda Hearn het mekaar in die eerste seisoen van Op my eish! gevind. Hul verhouding is verby, maar hul liefde bly staan

-

1 ‘DIS VERBY, MAAR ONS LIEFDE BLY’

Wanneer gaan mense leer? Hierdie verhouding­s wat met programme begin werk 90% van die tyd nie uit nie. Dis nie die manier om jou lewensmaat te soek nie. Op die ou end staan albei met eier op hul gesig. BEULAH

Ek geniet hierdie programme sommer baie. Daar is maar altyd baie verhouding­s in die wêreld wat nie uitwerk nie. Hoekom moet die mense nou altyd sleg praat hieroor? Ek is bly die twee is nog vriende. ELLA

Maak soos party nasies. Laat die ouer garde jou pasmaat soek. Dan trou julle, raak later lief vir mekaar en live happily ever after. Vandag se mense spring te gou in die kooi; dan is daar niks meer om na uit te sien nie. FEROZA

Ek stem nie saam met die kritiek nie. Eken my man het in ’n aanlyn geselsgroe­p ontmoet toe ek in Nederland was. Ons is getroud, het twee kinders en is die gelukkigst­e paartjie ooit. As dit werk dan werk dit. LINÉSE

2

Zephany Nurse verloof: ‘Ontvoerma welkom by my troue’

Jy is ’n pragtige dogter. Sy het jou met liefde grootgemaa­k, al was dit verkeerd wat sy gedoen het. Sy het dit net goed bedoel. Voorspoed op jou lewenspad, my kind, en wees lief vir albei jou ma’s, vir albei partye. ISABEL

Ek hoop regtigwaar Zephany sal nooit die hartseer beleef wat haar biologiese ouers moes deurmaak nie. Ek wens dit vir niemand toe nie. JULIAN

3

Tennislege­nde Boris Becker ‘sukkel’ in tronk

Jammer ons land het nie so ’n regstelsel nie. Hier steel een man ons land bankrot en wanneer hy voor die hof moet staan, gee hy voor hy is siek. Boris het die wet oortree, maar geregtighe­id het sy gang gegaan. RICHARD

Jy bly in die verkeerde land, Boris. Jy moes hier by ons kom bly het, dan kon jy aanjaag nes jy wil. Hoe groter die geld betrokke, hoe beter. Jy kon dalk selfs ’n politieke pos losgeslaan het. Nou moet jy sit vir jou sondes. LANA

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa