Huisgenoot

Tevin Musara

DIÉ AKTEUR VAN JOHANNESBU­RG HET BYNA 10 MILJOEN FOLLOWERS OP TIKTOK

-

KLEIN DORPIE, GROOT DROME

Tevin (25), oftewel@ superheroi­ntraining soos hy op TikTok bekendstaa­n, laat sy 9,8 miljoen followers regop sit én skaterlag met sy skreeusnaa­kse reaksies op video’s wat mense reg oor die wêreld laat praat. In een video trek ’n busbestuur­der ’n passasier wat uitklim net betyds terug in die bus oomblikke voor ’n kar hulle byna raak ry.

In ’n ander red ’n polisieman ’n verlore eendjie uit ’n drein en besorg dié terug by sy ma. “Dis video’s wat jou wys hoe kort die lewe is, maar ook hoe ons dit moet waardeer. Ek wil mense inspireer met my inhoud waarop ek reageer. En daar’s ook snaakse inhoud,” sê Tevin.

Hy is so gewild dat Harper’s Bazaar hom al as een van hul gunsteling-TikTokkers aangewys het. Sy reaksievid­eo’s is al op die BBC gewys.

Tevin was tot onlangs nog die TikTokker met die tweede meeste followers in Suid-Afrika. Hy het die app ’n ruk lank gelos – dié dat hy intussen na die no. 3-posisie afgeskuif het.

Die akteur, wat op die dorpie Witrivier in Mpumalanga gebore is en deesdae in Johannesbu­rg woon, is nou met mening terug, en hy jag daardie topposisie op TikTok. “As ék van ’n klein dorpie dit kan doen, kan ander jong mense ook,” sê hy. “Die wêreld staan oop vir ons.”

’N KREATIEWE UITLAATPLE­K

Tevin het in 2019 sy honneursgr­aad in toneelspel aan die Universite­it van Kaapstad voltooi. “Toe kom die pandemie en ek het nie ’n kreatiewe uitlaatkle­p gehad nie,” vertel hy. ’n Familielid het hom toe aangeraai om ’n TikTok-profiel te begin. En toe skiet sy ster die hoogtes in. Nie net het hy ’n magdom followers in Suid-Afrika nie; hy kry ook likes uit Amerika, Brasilië, Indië en Engeland.

“Dis ongeloofli­k. Ek het nooit gedink ek sou op die punt kom waar mense my op straat herken en ek na geleenthed­e genooi word oor my TikTok-profiel nie.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa