Huisgenoot

DIE ROK, DIE KROON, DIE RUIKER EN DIE DIENS

-

Op haar kroningspl­egtigheid het koningin Elizabeth ’n wit syrok deur die ontwerper Norman Hartnell gedra.

Dit was afgewerk met geborduurd­e blompatron­e van elke land in die Statebond, waaronder ’n Skotse distel, ’n Indiese lotusblom, ’n Kanadese esdoringbl­aar en ’n Ierse vierblaark­lawer.

Borduurder­s het 3 000 uur lank aan die meesterstu­k gewerk.

Die uitrusting was swaar – byna 7 kg – en om daaraan gewoond te raak, het Elizabeth voor die tyd geoefen met ’n laken wat swaarder gemaak en aan haar skouers vasgemaak is terwyl sy op en af in die gange van Buckingham­paleis gestap het.

Met teetyd om vyfuur smiddae het sy die maaltyd by haar lessenaar genuttig met die staatskroo­n op haar kop sodat sy aan die gewig van 2,25 kg gewoond kon raak.

In ’n dokumentêr ter viering van die koningin se diamantjub­ileum in 2012 het prins Charles vertel: “Ek onthou hoe my ma tydens ons badtyd ingeloer het met die kroon op haar kop – om te oefen.”

Haar wit ruiker op die dag het bestaan uit orgideë en dallelies van Engeland, angeliere van Noord-Ierland, jasmyn van Skotland en orgideë van Wallis.

Toe sy by Buckingham­paleis in die goue staatskoet­s klim vir die rit na Westminste­r Abbey, was prins Philip aan haar sy.

Met haar aankoms het Elizabeth selfversek­erd gestap na die deur van die groot kerk waar 8 000 gaste byeengekom het.

Maar toe wankel sy. Die swaar rok het oor die mat gesleep en beweging moeilik gemaak.

Die koningin het gedraai na die aartsbisko­p van Canterbury, Geoffrey Fisher, wat agter haar gestaan het. “Gee my ’n hupstoot,” het sy gesê – en ’n sagte drukkie het haar weer op dreef gebring.

Die diens het om kwart oor elf begin, het in ses dele verloop en byna drie uur geduur.

Die aartsbisko­p het die koningin se hande, bors en kop gesalf met heilige olie wat gemaak is van rose, kaneel, lemoene, muskus en amber. Daarna het hy Elizabeth ingeseën.

Die koningin is gekroon in die Stoel van St. Edward, wat in 1300 vir koning Edward I gemaak en sedertdien by elke kroning gebruik is.

Toe die Kroon van St. Edward – geset met 2 868 diamante, 17 saffiere, 11 smaragde en 269 pêrels – op haar kop geplaas is, het die gaste drie keer “God save the queen” uitgeroep.

’n Kanonskoot het oor Hyde Park weerklink en is deur 21 saluutskot­e van die Tower of London af beantwoord.

Die plegtighei­d het geëindig met die nuwe heerser wat weer haar sitplek in die goue staatskoet­s inneem en na Buckingham­paleis terugkeer met ’n begeleidin­g van duisende militêre lede van reg oor die Statebond.

’n Roete van 7,2 km is gevolg, en die 16 000 deelnemers het dit binne twee uur voltooi.

Daarna was dit tyd vir foto’s, waarna die koningin en haar gesin van die paleis se balkon af vir die skare gewaai en na ’n verbyvlug deur die lugmag gekyk het.

Nes sy en haar familie dit nou – sewe dekades later – steeds soms doen.

 ?? ?? Die vergulde koets begin sy reis van Buckingham­paleis na Westminste­r
Abbey.
BO: Hier word kranig aan haar sleep geborduur. ONDER: Sy bestyg die trap by Westminste­r Abbey terwyl haar diensmeisi­es haar sleep begelei.
BO: Die koningin en prins Philip. Dis glo die prins wat ’n voorstande­r daarvan was dat die seremonie uitgesaai moes word.
Die vergulde koets begin sy reis van Buckingham­paleis na Westminste­r Abbey. BO: Hier word kranig aan haar sleep geborduur. ONDER: Sy bestyg die trap by Westminste­r Abbey terwyl haar diensmeisi­es haar sleep begelei. BO: Die koningin en prins Philip. Dis glo die prins wat ’n voorstande­r daarvan was dat die seremonie uitgesaai moes word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa