Huisgenoot

Y O R K S H I RE POEDING SMET GEROOSTERD­E BEESVLEIS SKAAFSELS EN KRUIE MAYONNAISE

-

LEWER 12-14 YORKSHIREP­OEDINGS BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 25-30 MIN.

BEESVLEIS

15 ml (1 e) olyfolie 300 g beeslendes­teak 5 ml (1 t) tiemie sout en varsgemaal­de peper YORKSHIREP­OEDINGS 400 ml koekmeel

5 ml (1 t) sout

8 eiers

400 ml melk

125 ml (½ k) kookolie

KRUIEMAYON­NAISE 250 ml (1 k) romerige mayonnaise

60 ml (¼ k) gekapte pietersiel­ie

15 ml (1 e) gekapte dille fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

VIR AFRONDING bronkors vars dille

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n muffinpan met kossproei.

1 Beesvleis Vryf die olie

oraloor die steak en geur met die tiemie, sout en peper. Verhit ’n gietysterp­an tot rookwarm en seël die steak vir ’n minuut aan albei kante. Verlaag die hitte en braai die steak vir nog 2 min. aan elke kant of tot gaar, soos verkies. Haal die steak uit die pan uit en hou eenkant om te rus. 2 Yorkshirep­oedings

Meng die meel en sout. Voeg die eiers en melk by en klits tot glad. Giet die beslag in ’n beker. 3 Verdeel die olie tussen die muffinholt­es en verhit 3-5 min. in die oond of tot die olie warm is.

4 Haal die muffinpan uit die oond en vul elke holte driekwart met die yorkshirep­oedingbesl­ag (plaas die muffinpan op ’n bakplaat indien verkies, ingeval dit oorloop – die beslag sal begin borrel wanneer dit op die warm olie gegooi word). 5 Plaas die muffinpan versigtig terug in die oond en bak die poedings 15-17 min. of tot die poedings

opgepof en goudbruin is. 6 Maak die kante van die poedings los en haal dit uit die pan. Rangskik die poedings op ’n opdienbord.

7 Kruiemayon­naise Meng al die bestanddel­e saam en skep die mayonnaise in die middel van die yorkshirep­oedings.

8 Vir afronding Kerf die steak in dun repe en rangskik dit op die mayonnaise. Garneer met die bronkors en dille, en sit voor. ❑

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa