Huisgenoot

HOE RAAK JY WEER AANGETROKK­E?

-

Ek en my vrou is in ’n baie gelukkige verhouding. Ons verkeer egter selde intiem, en dan is dit gewoonlik my vrou wat dit inisieer. Ek het tans geen belangstel­ling in seks nie, en ek wonder of dit is omdat ons nie op dieselfde intellektu­ele vlak is nie. Ek het wel ’n vriendin teenoor wie ek baie aangetrokk­e voel en wat die vermoë het om my seksueel te prikkel. Sy is hiper-intelligen­t. Ek sal my vrou nooit verneuk nie, maar ek wonder wat is fout met my. Hoe raak ek weer aangetrokk­e tot my vrou? Ek wil haar op alle vlakke gelukkig maak. Wonder wat aangaan

Dit sou ’n makliker uitweg gewees het as ek jou nou aangeraai het om mediese ondersoeke en toetse te laat doen. Sekere mediese toestande, asook sekere medikasie lol met ’n mens se seksdrange. Maar die feit dat jy noem ’n vriendin se intellek prikkel jou seksueel, weerspreek die idee.

Verskillen­de aspekte van ’n persoon maak hulle vir verskillen­de mense begeerlik. Vir jou is intelligen­sie blykbaar die ding wat jou belangstel­ling ontlok.

Daar is egter meer aan ’n persoon as net hul intellek. Jy noem nie hoe lank julle al getroud is nie. Hoe was dit aan die begin van jul verhouding? Wat aan jou vrou het jou tot haar aangetrokk­e laat voel? Wat het jou opgewonde gemaak oor haar, in so ’n mate dat jy haar gevra het om met jou te trou?

’n Baie goeie oefening in ’n huwelik is om te onthou dat die hofmaakpro­ses nie net plaasvind tot die persoon ’n ring aan die vinger het nie. Romanse is werk wat jy elke dag moet insit om jou liefdesver­houding te laat slaag. Begin by die begin en doen al die dinge wat jy gedoen het toe jy haar hart wou wen. Dit sal die liefdesvla­m hopelik weer by jou aanwakker.

Dit is duidelik dat jou huwelik vir jou baie belangrik is en jy tans onvervulde emosionele behoeftes het. Oorweeg ’n verhouding­sterapeut se hulp om saam as ’n paartjie ’n dieper emosionele konneksie in ’n veilige omgewing te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa