Huisgenoot

Nuut op die rakke

Nie alle ma’s is lief en goed nie en nie alle dogters onthou reg nie

- Deur ELNA VAN DER MERWE

MARA is ’n Hebreeuse naam wat “bitter” beteken. Marida Fitzpatric­k sê sy het dit nie met voorbedagt­e rade gekies as titel vir haar roman nie.

“Ek weet wat dit beteken, want ons het dit destyds in die Sondagskoo­l geleer, maar dis nie noodwendig hoekom ek dit gekies het nie. Tog pas die simboliek daarvan eindelik by die karakter en by die verhaal in, want dit is inderdaad ’n donker en onheilspel­lende storie. Ek dink daar is baie onbewuste kragte en invloede betrokke wanneer ’n mens jou karakters se name kies,” gee sy wel toe.

Om oor moedersamb­ivalensie te praat is deesdae nie meer so ’n taboe nie. Pas het Michèle Meyer dit in Moer gedoen. En die aktrise Maggie Gyllenhaal het vir haar debuut as regisseur verlede jaar The Lost Daughter gekies wat gaan oor “onnatuurli­ke” mawees.

Marida sê sy het nie noodwendig ’n belangstel­ling in die onderwerp nie, “maar ek het ’n geweldige belangstel­ling in die mens, in menseverho­udings en in die menslike toestand.

“As jy na alle verhouding­s kyk wat ’n mens moontlik kan hê, is die ma-kind-verhouding sekerlik die belangriks­te, sterkste en ingewikkel­dste van almal. Dis waar alles begin, en ook waar alles die potensiaal het om skeef te loop. Dit lê aan die kern van die menslike toestand.

“As jy na die wêreld, en na die mensdom self, kyk, is dit eindelik waaroor alles gaan.”

Mara het begin by ’n vreemde droom wat haar bygebly het. “Dit het in my kop bly draai, en toe dink ek dalk kan dit ’n storie wees, dalk selfs ’n boek. Jare lank het dit in my agterkop gebly tot ek die meestersgr­aad in kreatiewe skryfkuns by Kovsies gedoen het.”

Marida vertel sy sou haar manuskrip nooit kon voltooi het sonder die druk om die graad te voltooi nie. “Dit gee jou ’n sperdatum wat jy móét haal, en dit rus jou toe met die nodige gereedskap om die storie geskryf te kry.”

Verkies sy ’n storie met ’n gelukkige of ’n ongelukkig­e einde?

“Ek verkies ’n natuurlike einde, nie geforseerd na die een of die ander kant toe nie. Soms lees ’n mens ’n puik boek of kyk ’n uitstekend­e fliek, en dan is dit asof daar ’n kunsmatige, gelukkige einde aangeplak word wat glad nie by die res van die storie of toonaard pas nie.

“Dis soos ’n groot, pienk strik wat om alles gebind word. Dis altyd vir my ’n groot jammerte.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa