Huisgenoot

Swede, Finland en Navo

-

SWEDE en Finland het in Mei aansoek gedoen om by Navo aan te sluit. Wat behels dié organisasi­e, hoekom het hulle nou aansoek gedoen, en wat beteken dit vir die res van Europa?

Wat is Navo?

Navo staan vir die Noord-Atlantiese Verdragsor­ganisasie. Dit het in 1949 ontstaan toe 12 lande bekommerd was oor die bedreiging wat die Sowjetunie (’n federasie wat uit Rusland en van sy buurlande bestaan het) vir hulle ingehou het.

Hulle het saamgestem om mekaar teen enige aanvalle te beskerm. Navo het sedertdien tot 30 lidlande gegroei, en sy hoofkwarti­er is in België geleë.

Die organisasi­e het sy eie weermag wat lidlande kan bystaan as dit nodig is.

Swede en Finland se aansoek

Die twee lande is bekend daarvoor dat hulle neutraal bly – wat beteken hulle ondersteun nie ’n spesifieke kant in ’n oorlog nie. Maar sedert Rusland Oekraïne in Februarie binnegeval het, het die mense van dié lande ál meer die idee om by Navo aan te sluit begin ondersteun. Hulle glo Navo sal hulle kan ondersteun as Rusland se optrede hul veiligheid bedreig.

Wat nou?

’n Oorgangsty­dperk geld tussen die aansoek en wanneer lidmaatska­p toegeken word. Alle Navo-lande moet ’n nuwe toelating goedkeur voor dit kan gebeur. Turkye het reeds gesê hulle sal dalk die aansoeke teenstaan omdat hulle glo Finland en Swede het groepe ondersteun wat deur Turkye as terroriste beskou word.

Ander lidlande sal nou probeer om Turkye te oorreed om dit nie te doen nie. As alle lidlande die nuwe toevoeging­s goedkeur, moet hul parlemente ook dié besluit goedkeur, en dit kan ’n jaar duur.

Wat beteken dit vir die res van Europa?

As Finland en Swede lidlande word, beteken dit Navo-lidlande het nou ’n baie groter grens wat hulle met Rusland deel.

Dit behoort dit vir die organisasi­e makliker te maak om ander kleiner lidlande wat naby aan Rusland geleë is, soos Estland, Letland en Litaue, te beskerm.

Die president van Rusland, Wladimir Poetin, het ná Finland en Swede se aansoeke gesê die besluit “hou nie ’n direkte bedreiging vir Rusland in nie”, al het Rusland dié lande voorheen gewaarsku om nie by Navo aan te sluit nie.

Poetin is in die algemeen gekant teen die uitbreidin­g van Navo – die feit dat Oekraïne dit oorweeg het om by Navo aan te sluit was een van die redes wat hy gegee het vir die oorlog teen dié land.

 ?? ?? Die Finse regering vergader oor hul besluit om by Navo aan te sluit.
Die Finse regering vergader oor hul besluit om by Navo aan te sluit.
 ?? ?? Die Finse premier, Sanna Marin, en pres. Sauli Niinistö kondig hul aansoek om Navolidmaa­tskap op ’n mediakonfe­rensie aan.
Die Finse premier, Sanna Marin, en pres. Sauli Niinistö kondig hul aansoek om Navolidmaa­tskap op ’n mediakonfe­rensie aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa