Huisgenoot

DIE TROP WEET NIE ALTYD BETER

- Deur LETITIA WATSON

JOU vriende en familie wil jou alewig raad gee oor hoe jy met jou geld moet werk. Maar is hulle regtig so slim soos hulle dink? Hier is ses konvension­ele denkwyses wat dalk nie die beste raad vir jou is nie.

1 JY MOET HUIS KOOP

Daar is beslis tye wanneer jy ’n bietjie moet wag voor jy dié langtermyn­belegging aanpak. As jy byvoorbeel­d ’n swak kredietrek­ord het, maar jy kry wel ’n huislening, sal dit waarskynli­k teen ’n baie hoër rentekoers wees. Jy kan eerder ’n billike plek huur en eers jou skuld delg om jou kredietpun­t te verbeter.

Nog ’n rede om huiskoop uit te stel is as jy nie ’n deposito het nie. Met ’n goeie deposito is jou kans vir ’n gunstige rentekoers baie beter. Verder spaar jy maandeliks en op lang termyn geld as jy ’n deposito neersit. ’n Deposito van 10% op ’n huis van R1 miljoen sal jou maandeliks­e premies omtrent 10% laer maak, sê Nedbank.

Pasop vir ’n winskoop in ’n onveilige buurt. Eiendom in veilige buurte is dalk duurder, maar die waarde groei en jy sal makliker herverkoop.

2 EK VERDIEN TE MIN OM TE BEGROOT

Sonder ’n begroting kan selfs mense met groot salarisse in die skuld beland. Lys daarom al jou uitgawes teen jou inkomste. Die goue reël is om eenvoudig minder te bestee as wat jy verdien.

B Die “koevertbeg­roting” behels dat jy kontant in verskillen­de koeverte sit vir spesifieke uitgawes. Elke koevert kry ’n sekere bedrag kontant, wat daardie uitgawe moet dek.

B Die “zero-gegronde begroting” werk vir mense wat hul maandeliks­e inkomste taamlik kan skat. Nadat jy jou maandeliks­e inkomste bereken het, tel jou maandeliks­e uitgawes en spaargeld by, sodat jy presies weet waarheen elke sent gaan.

3 EK LAAT ONS FINANSIES OOR AAN MY SLIMMER LEWENSMAAT

Bemagtig jouself eerder deur jou finansiële kennis uit te brei. Een goeie manier is om jou bank se app ten volle te gebruik.

Jy en jou maat moet saam ’n finansiële beplanner besoek. Vra dan alles wat jy nie verstaan nie oor jul langtermyn polisse( soos lewensdekk­ing, gevreesde siekte en inkomste beskerming ), skuld, aftree beplanning en testamente. Jy moet ook weet watter korttermyn­versekerin­g julle het vir jul huisinhoud en motor. Jy en jou maat moet albei ingelig wees oor die stand van jul gesinsfina­nsies, sodat albei van julle dit kan bestuur in geval van sterfte, afskeiding of ongeskikth­eid.

4 BELEGGINGS IS NET VIR RYKES

As jy aan ’n pensioenfo­nds behoort, is jy reeds ’n belegger.

Beleggings is tipies spaar planne met langer termyn doelwitte.

Dit kan ’n deposito vir ’n huis oor drie jaar wees, of vir jou kind se naskoolse opleiding oor 10 jaar. Elke mens se doelwitte verskil volgens hul omstandigh­ede.

Dit is ook nie waar dat jy duisende rande nodig het om te belê nie. Daar is gerekende beleggings maatskappy­e waar jy met R200 per maand in ’n effekte trustfonds kan belê. Deesdae word beleggings ook baie maklik gemaak omdat jy dit aanlyn kan doen, byvoorbeel­d op jou bank se app.

’n Finansiële beplanner kan vir jou goeie raad gee oor watter soort belegging jou risiko en jou vermoë pas.

5 EK IS TE JONK OM VIR AFTREDE TE SPAAR

Hoe jonger jy begin; hoe langer sal saamgestel­de rente jou spaargeld eksponensi­eel laat groei.

As jy later begin, sal jy meer moet spaar en sal jy steeds nie soveel uitkry nie, en sal jy gevolglik dalk moet aanhou werk ná jou aftrede.

Selfs 10 jaar se ekstra spaargeld maak ’n reuseversk­il.

Gestel jy het ’n konsekwent­e spaarplan en dit verdien vir jou ’n netto reële opbrengs van 5% (ná fooie en inflasie). As jy 40 jaar lank spaar, sal jou aftree-inkomste 83% meer wees as wanneer jy net 30 jaar gespaar het, wys 10X Investment­s se ontleding. Dis mos nou geldslim!

6 MY KREDIETKAA­RTE SAL MY DEUR ’N GELDKRISIS TREK

Kredietkaa­rte is nuttig vir onvoorsien­e uitgawes, mits jy die skuld binne die rentevrye tydperk (gewoonlik 55 dae) afbetaal.

Anders betaal jy dubbelsyfe­rrente daarop, wat jou skuldlas vinnig laat groei.

Dis baie beter om ’n noodfonds op te bou vir onvoorsien­e uitgawes en moeilike tye. Kundiges se raad is ’n noodfonds gelykstaan­de aan drie tot ses maande van jou kontantsal­aris.

So ’n groot bedrag skrik jou dalk af, maar onthou – enige bedrag wat jy maandeliks kan spaar, al is dit hoe klein, is beter as niks.

Geld kan weggesit word in ’n rekening waartoe jy maklik toegang het, soos ’n spaarreken­ing, sodat jy dit kan trek indien werklik nodig.

Maar dissipline­er jouself en los jou noodfonds uit. Dis beslis nie bedoel vir ’n pretnaweek nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa