Huisgenoot

‘THE VOICE’ SE TASCHÉ HAAK AF

-

HIERDIE is ’n rockertrou­e. Dit sien ’n mens reeds in die parkeerter­rein van die Au d’ Hex-landgoed aan die buitewyke van Wellington. Die 92 gaste is almal van kop tot tone in swart uitgetof – en dit om ’n nuwe egpaar se toekoms te vier. Tasché Burger, 2019 se wenner van The Voice South Africa, haak vandag immers af met haar sielsgenoo­t, Jo-Lene Benade.

Die onthaal is in ’n reuse-glashuis en die kapelletji­e se muurskilde­ry van swart rose pas soos ’n handskoen by die stemming van die dag. Teen halfvier begin die gaste, elk met ’n glas vonkelwyn in die hand, hul plekke inneem.

Dorette Roos speel allerhande treffers op haar elektriese tjello tot die bruidspaar instap.

“Ek’s opgewonde om eindelik met my beste vriendin te trou”, het Tasché voor die tyd aan Huisgenoot vertel, wat eksklusief die geleenthei­d dek. “Ek’t altyd gesê dat ek nooit gaan trou nie, maar toe ek vir Jo ontmoet, het ek net geweet dis sy. Dit klink so clichéd, maar dis ook oukei. Sy lyk mooi in ’n swartsak, so ek kan my net verbeel hoe mooi sy in haar droomrok gaan lyk.”

En Jo-Lene slaan inderdaad Tasché se asem weg toe sy op die maat van Shania Twain se trefferlie­djie “You’re Still the One” in ’n spierwit klassieke trourok aan die sy van haar ma, Anne-Lize Benade, die kapel instap.

Al wat Tasché kan uitkry is: “Hallo, my baby,” voor sy so reg in haar aard ’n rocker-saluut met ’n uitsteekto­ng gee.

“Bring shots. Ons hou dan nagmaal ook. En kyk hoe lekker reën dit daar buite. Julle word vandag gedoop ook,” sê ds. Wynand Marc Breytenbac­h van Durbanvill­e. Hy preek uit

1 Korintiërs 13 en na aanleiding van die bekende liedjie “Hemel op die platteland” van Fokofpolis­iekar se Hunter Kennedy, wat vandag ook ’n gas is.

Die bruidspaar was mekaar se hande in ’n kom voor in die kapel as teken van hul “gelykheid en liefde”.

Teen 20 voor vyf kondig die dominee aan: “Julle kan jul Facebook

profiles nou gaan update: Julle status is nou married.”

Later open Tasché en Jo die dansbaan op Wilha Carstens se liedjie “Ek sal jou weer kies” – ’n gepaste manier om hul liefde te vier.

 ?? ?? “Julle is getroud. Die bruide kan mekaar nou soen.”
Die bruide saam met hul ouers: Jo-Lene (naaslinks) en haar ma, Anne-Lize Benade (links), Tasché en haar pa, Thys, en haar ma, Suné, en haar lewensmaat, Frandeau Croucamp.
Wynand Myburgh van onder andere Fokofpolis­iekar en Laudo Liebenberg, akteur en sanger van aKing, was van die ander kunstenaar­s op die troue.
Tasché en haar bruid, Jo-Lene.
“Julle is getroud. Die bruide kan mekaar nou soen.” Die bruide saam met hul ouers: Jo-Lene (naaslinks) en haar ma, Anne-Lize Benade (links), Tasché en haar pa, Thys, en haar ma, Suné, en haar lewensmaat, Frandeau Croucamp. Wynand Myburgh van onder andere Fokofpolis­iekar en Laudo Liebenberg, akteur en sanger van aKing, was van die ander kunstenaar­s op die troue. Tasché en haar bruid, Jo-Lene.
 ?? ?? Hul eerste dans as getroudes was op Wilha Carstens se “Ek sal jou weer kies”.
Hul eerste dans as getroudes was op Wilha Carstens se “Ek sal jou weer kies”.
 ?? ?? Die groen troukoek het fyn antieke rose in roomversie­rsuiker daarop gehad.
Die ringe. Jo-Lene se ring is soos sy sonder tierlantyn­tjies (regs, onder). Tasché het glad nie haar ring voor die tyd gesien nie. Jo-Lene het dit self ontwerp.
Die groen troukoek het fyn antieke rose in roomversie­rsuiker daarop gehad. Die ringe. Jo-Lene se ring is soos sy sonder tierlantyn­tjies (regs, onder). Tasché het glad nie haar ring voor die tyd gesien nie. Jo-Lene het dit self ontwerp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa