Huisgenoot

5 DINGE waaroor ons HIERDIE week praat!

-

KEVIN KEER NIE GOU TERUG

KEVIN SPACEY (62) kon net drie klein rolle losslaan sedert hy in 2017 van seksuele wangedrag en aanranding beskuldig is. En nou het sy pogings om sy loopbaan te red nog ’n terugslag gekry. Hy is vroeër vandeesmaa­nd van die seksuele aanranding van drie mans aangekla. Dit volg ná ’n polisieond­ersoek oor klagtes van die Old Vic-teater in Londen. Kevin het van 2005 tot 2013 as kunsdirekt­eur daar gedien.

LAVERNE MAAK GESKIEDENI­S

LAVERNE COX (50) is onlangs met haar “eie Barbie” vereer – die eerste keer dat ’n transgende­r vrou as inspirasie dien vir die speelgoedv­ervaardige­r Mattel se ikoniese pop. Die Orange is the New Black-aktrise sê sy hoop die mylpaal sal ’n inspirasie wees vir LGBTQ-jeug wat gestigmati­seer voel.

“As hulle hulself nie in hierdie Barbie sien nie, hoop ek hulle weet hulle kan ruimtes skep waar hulle hulself wel sien, waar hulle verteenwoo­rdig is, want verteenwoo­rdiging maak saak.”

VEELS GELUK, CHRIS EN KATHERINE

CHRIS PRATT en KATHERINE SCHWARZENE­GGER PRATT is ’n baba ryker. Die Guardians of the Galaxy-akteur en sy skrywer-vrou het op Instagram aangekondi­g hulle het vroeër vandeesmaa­nd ’n babadogter huis toe gebring. “Ons is opgewonde om die geboorte van ons tweede dogter, Eloise Christina Schwarzene­gger Pratt, aan te kondig. Dit gaan goed met mamma en baba,” lui die boodskap.

AARTJIE NA HAAR VAARTJIE

En in die oorkantste hoek – AVA RAINE! Simone Johnson, dogter van die Hollywood-aksieheld Dwayne Johnson (50), se droom word eindelik waar. Sy is reg vir haar beroepstoe­idebuut in die gewilde WWE-arena.

Simone (20), oftewel Ava Raine, het onlangs haar stoeinaam op sosiale media aangekondi­g. Pa Dwayne, wat natuurlik self gestoei het, was baie trots op sy dogter tydens ’n onlangse verskyning in The Tonight Show. “Wat ’n eer dat my dogter in my voetspore wil volg,” sê hy van Simone, wie se ma die sakevrou Dany Garcia (53) is.

HOLLYWOOD ROU OOR RAY LIOTTA

Op die silwerdoek was hy dikwels die skurk, maar toe dit bekend word dat die Goodfellas-ster RAY LIOTTA in die ouderdom van 67 oorlede is, het die huldeblyke dadelik ingestroom.

Ray is klaarblykl­ik in sy slaap dood.

Ray se Goodfellas-medester Lorraine Bracco (67), wat sy vrou, Karen, gespeel het, sê sy was “absoluut verpletter om die aaklige nuus te hoor”.

Jennifer Lopez (52), wat in die televisier­eeks Shades of Blue teenoor hom gespeel het, sê hy was “die toonbeeld van ’n taai ou wat aan die binnekant sag was”.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa