VOORSKRIFVELSORG OF PROFESSIONELE BEHANDELINGS
As jy nie sukses behaal met tuisvelsorg en sagwerkende afskilferaars nie, of as jy iets kragtigers soek, is dit die beste om ’n dokter of dermatoloog te raadpleeg. Hulle sal jou kan help om die hoofoorsaak van jou hiperpigmentasie vas te stel en alternatiewe behandelings te beproef waarvoor ’n voorskrif nodig is, soos retinoïed of hidrokinoon, wat deur baie as die voorkeurbehandeling vir pigmentasie beskou word.
As voorskrifvelsorg ná ’n paar maande nie genoeg is nie, of jou besondere geval regverdig intensiewer opsies, kan jy by van dié kliniekbehandelings baat vind:
■ Chemiese afskilferings
■ Lig- en laserbehandelings ■ Mikronaaldbehandeling
■ Mikrodermabrasie
■ Mesoterapie