Huisgenoot

DIS WAT EK WOU WORD

BEKENDES verklap wat hulle as KIND eendag WOU WORD

-

CINTAINE SCHUTTE

Cintaine het nog altyd daarvan gedroom om ’n mariene bioloog te word. “Ek was nog altyd lief vir die seelewe. Al het my droom nie waar geword nie het ek ten minste ’n karakter in die teaterstuk Amper Vrystaat gespeel wat dit studeer het,” vertel sy.

FRANCOIS VAN COKE

Dié rocker wou ’n rugbyspele­r word en is nou nog mal oor dié sport. “Ek was heeltemal rugbybehep toe ek jonk was, veral op laerskool, maar ook dele van hoërskool. Ek het my hoogtepunt bereik in st. 5 toe ek Cravenweek gespeel het.”

CLINT APLON

Dié akteur, wat op die oomblik in die sepie 7de Laan te sien is, wou al van kleins af toneelspee­l. “Daar was ’n paar keer dat ek onderwys oorweeg het,” verklap hy. Maar die vermaakgog­ga het gebyt, en nou leef Clint sy droom uit.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa