Huisgenoot

’N GEPASTE PLEK VIR ’N AFSKEID

-

Koningin Elizabeth II se afskeid is die eerste keer in 260 jaar dat Westminste­r Abbey ingespan word vir ’n staatshoof se begrafnis. Die vorige keer was vir koning George II in 1760.

Die koningin het self gevra dat sy van daar begrawe word. Westminste­r Abbey is waar twee van die grootste gebeurteni­sse in haar lewe plaasgevin­d het: Sy en prins Philip is op 20 November 1947 daar getroud, en dis ook daar waar sy op 2 Junie 1953 gekroon is.

Die kerk is ook die plek waar sy haar wyle skoondogte­r, prinses Diana, in 1997, en haar ma, die koninginmo­eder, in 2002, gegroet het. Dié twee vroue het albei seremoniël­e begrafniss­e gekry – nes prins Philip – wat baie soos ’n staatsbegr­afnis lyk, maar effens minder formeel is en nie met belastingg­eld betaal word nie.

Konings en koninginne word gewoonlik in die St. George’skapel

in Windsor begrawe, maar die koningin wou haar diens in Westminste­r Abbey hê sodat soveel moontlik mense dit kon bywoon.

Die kapel het boonop plek vir net 800 mense, terwyl Westminste­r Abbey plek het vir 2 000.

“Sy wou hê dat die mense deel van haar dag kan wees,” sê ’n amptenaar van die koningshui­s. “Sy het reg tot aan die einde aan die mense gedink.”

 ?? ?? ’n Bewoë koning Charles loop agter sy ‘darling Mama’ se kis aan tot by haar finale rusplek by Windsorkas­teel.
’n Bewoë koning Charles loop agter sy ‘darling Mama’ se kis aan tot by haar finale rusplek by Windsorkas­teel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa