Huisgenoot

DIE KANONWA

-

Die koningin se kis is van Westminste­r Hall na Westminste­r Abbey vervoer op ’n kanonwa wat deur 142 vlootsolda­te getrek is.

Dié tradisie het sy ontstaan gehad toe ’n kanonwa koningin Victoria se oorskot in 1901 moes vervoer. Sy wou hê haar begrafnis moet ’n militêre element hê om haar pa, prins Edward, die hertog van Kent, wat ’n suksesvoll­e Britse generaal was, te eer.

Sedertdien is die wa – wat sowat 3 000 kg weeg – in die begrafniss­e van koning Edward VII (Victoria se seun), koning George V, koning George VI en Winston Churchill gebruik.

‘SY HET REG TOT AAN DIE EINDE AAN DIE MENSE GEDINK’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa