Huisgenoot

ÁL MEER SELFVERTRO­UE

-

Charles het as mens heelwat verander sedert die dae dat hy ’n tenger, eensame seun was wat op kosskool wreed geboelie is en hartverske­urende briewe aan sy ouers geskryf het.

“Die ander kinders gooi my heelnag met pantoffels en slaan my met kussings, of hardloop deur die vertrek en slaan my so hard as wat hulle kan,” het hy in een brief geskryf.

Charles was van jongs af ’n fynbesnaar­de siel wat dikwels nie by sy ouers die liefde gekry het waarna ’n kind smag nie. Sy ma het hom gereeld by oppassers gelos terwyl sy rondgereis het, en sy pa het die uitdagings op Charles se pad verwelkom omdat hy gemeen het dit sal hom sterker maak.

In sy volwasse jare het Charles egter ál meer begin om sy man te staan en dit duidelik te maak wat hy uit die lewe wil hê.

“Hy kan nogal ongeduldig raak,” het Camilla, die koningin-gemalin, erken in ’n TV-onderhoud om sy 70ste verjaardag te gedenk. “Hy wil hê dinge moet teen gister gedoen wees. Dit is hoe hy sorg dinge word gedoen.”

Die nuwe koning lyk soms na ’n bleeksiel, maar volgens Camilla kan hy ook heel prettig en stuitig raak. “Soms kniel hy op die grond en speel met sy kleinkinde­rs. Hy lees vir hulle Harry Potter en maak die stemme na.”

Voorts is hy ’n harde werker. Hy staan soggens douvoordag op en – soos Harry dit al gestel het – “hy eet belaglik laat aandete, waarna hy weer by sy lessenaar sit en voor sy notas aan die slaap raak”.

“Hy is opreg geesdrifti­g oor die nuwe generasie,” sê Chris Pope, wat saam met Charles gewerk het by ’n welsynorga­nisasie wat hy begin het om onderwys te bevorder.

Hy is ook besorg oor die aarde. Hitan Mehta, wat Charles 15 jaar gelede gehelp het om die British Asian Trust 15 tot stand te bring, sê hy dink baie na oor watter soort planeet sy kleinkinde­rs eendag gaan erf. “Hy gee regtig om.”

 ?? ?? Charles (in 1967 saam met die koningin) het in sy jeug ’n ingewikkel­de verhouding met sy ma gehad.
Charles (in 1967 saam met die koningin) het in sy jeug ’n ingewikkel­de verhouding met sy ma gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa