Huisgenoot

’N MODERNE MONARGIE

-

Koning Charles se belangriks­te taak is volgens aanhangers om seker te maak die monargie het ’n toekoms. Hy beplan om ’n hele paar veranderin­gs aan te bring om dié instelling meer aanpasbaar en lewenskrag­tig te maak.

Hy wil die naam verander van die medaljeste­lsel waarmee Britse presteerde­rs vereer word. Tans staan dit as OBE (Order of the British Empire) bekend, maar Charles wil die woord Empire met Excellence verander omdat hy besef die huidige titel is ’n herinnerin­g aan Brittanje se koloniale geskiedeni­s.

As koning word hy nou ook hoof van die Anglikaans­e Kerk, en daarmee saam kry hy die amptelike titel “Defender of the Faith”. Charles wil graag die “the” uit die titel laat verwyder en net as “Defender of Faith” bekendstaa­n om vir mense aan te dui hy sal alle gelowe beskerm.

Die klimaatskr­isis en boerdery bly vir hom belangrik. “Maar hy sal seker maak hy vermy omstredenh­eid terwyl hy probeer om ’n verskil te maak,” sê ’n bron.

Charles besef sy volk rou nog oor hul koningin, so hy sal nie oorhaastig beroerings veroorsaak nie. Hy weet stabilitei­t en tradisie is belangrik – tot die publiek daaraan gewoond is om nie meer deur Elizabeth II regeer te word nie.

 ?? ?? ONDER: Charles kyk in 2019 na ’n boom wat Edward, die prins van Wallis, in 1911 in Ierland geplant het. REGS: Camilla en Charles in 2005 op ’n besoek aan ’n plaasmark in North Yorkshire.
ONDER: Charles kyk in 2019 na ’n boom wat Edward, die prins van Wallis, in 1911 in Ierland geplant het. REGS: Camilla en Charles in 2005 op ’n besoek aan ’n plaasmark in North Yorkshire.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa