Huisgenoot

Suid-Afrika se braaikonin­g, Jan Braai, sê jou in sy JONGSTE BOEK hoe om die BESTE uit jou kole te kry

Peri-peri-BEESESPETA­DAS

-

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING: 120 MIN. / GAARMAAK: 10 MIN. MARINADE

8 knoffelhui­sies, fyngekap

’n paar klein brandrissi­es (verkieslik African Bird’s Eye), fyngekap

125 ml (½ k) olie 125 ml (½ k) druiweasyn

250 ml (1 k) vars suurlemoen­sap 250 ml (1 k) water 25 ml (5 t) paprika 25 ml (5 t) brandrissi­epoeier

25 ml (5 t) sout ESPETADAS

2 kg kruisstuk 8 sosatiepen­ne

1 Marinade Plaas al die bestanddel­e in ’n niereaktie­we houer soos ’n glashouer of ’n herseëlbar­e plastieksa­k en meng goed.

2 Espetadas Sny die vleis in blokkies van 3-4 cm, maar onthou dit is nie ’n eksakte wetenskap nie.

3 Plaas die vleisblokk­ies in die peri-perimarina­de. Meng goed sodat al die blokkies deeglik daarmee bedek is. Laat die vleis 2 uur in die yskas marineer. Die marinade is nogal sterk, so dit sal lank genoeg wees.

4 Deel die blokkies gelykop en ryg aan die sosatiepen­ne.

5 Braai die espetadas ongeveer 8 min. oor baie warm kole vir lig- tot halfgaar. Draai dit 4 keer gedurende die braaiprose­s om.

6 Terwyl die vleis braai, kry die marinade aan die kook in ’n klein kastrol of pan op die vuur of op die stoof. Jy moet die marinade deeglik laat kook, want daar was rou steak in en ons wil dit nou as ’n sous gebruik.

7 Giet die kokende marinade – wat nou eerder ’n sous as ’n marinade is – oor die gebraaide espetadas en sit dit aan jou gaste voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa