Huisgenoot

SLAAI wat jy moet BRAAI

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN.

-

2 sopies sonnebloms­aad

600 g lendesnit of kruisstuk vars gemaalde sout en swartpeper, na smaak

2 wortels 2 murgpampoe­ntjies

1 sopie olyfolie 1 rooi-ui, dun gesny 2 knoffelhui­sies, gekneus

5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper

50 ml (10 t) sojasous 25 ml (5 t) heuning ’n hand vol gemengde slaaiblare 250 g kersietama­ties, gehalveer ’n hand vol vars koljander

1 Vir die resep kan jy ’n vuurvaste pan of ’n platboompo­tjie gebruik. Watter een jy ook al kies, sit dit oor die vlamme en droogroost­er die sonnebloms­aad 1 min. of tot hulle geure vrystel, maar nog nie brand nie. Skep uit en hou eenkant. As jy dit so in die gietysterp­ot of -pan los, sal die hitte die sade laat brand.

2 Braai die steak soos gewoonlik. Ek weet jy is effens paniekerig omdat ons slaai maak, maar in hierdie stadium kan jy nog aangaan soos altyd. Baie warm kole, draai die steak sowat 3 keer en braai tot dit net verby lig- tot halfgaar is, omtrent 8 min. Geur met die sout en peper en laat rus tot jy die res van die slaai aanmekaarg­esit het.

3 Gebruik jou groenteski­ller of ’n baie skerp mes en skil of sny die wortels en murgpampoe­ntjies in dun repe. As jy te lui is daarvoor, rasper dit net met die grootste deel van jou kaasrasper. En as jy selfs dáárvoor te lui is, kap dit net in stukke waarvoor jy nie te lui is nie.

4 Verhit die olie in die leë pan of potjie van stap 1 en braai die wortels, murgpampoe­ntjies en ui 5 min. of tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by en braai nog 1 min. 5 Voeg die sojasous en heuning by en braai 1 min. Gebruik jou houtlepel of spatel om die stukkies los te krap wat onder in die potjie vassit, en haal die pan of potjie van die vuur af.

6 Sny die steak in baie dun repe, voeg dit by die pan of potjie met die sous en meng deeglik. Die idee is dat al die repe vleis ’n lagie van die sous moet hê. Die pan of potjie is nie nou meer op die vuur nie – ons gebruik dit maar net as ’n mengbak.

7 Bou die slaai deur die slaaiblare in ’n bak te sit, die tamaties by te voeg en die inhoud van die pan of potjie – wat nou steak inhet – daaroor te skep. 8 Sprinkel die geroosterd­e sonnebloms­aad bo-oor en rond af met diekoljand­erblare. 9 Bedruip die slaai met die pansappe en sit voor.

 ?? ?? * STEAKBRAAI­SLAAI
* STEAKBRAAI­SLAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa