Huisgenoot

KATEMBAPOT­JIE

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 35 MIN.

-

25 ml (5 t) olyfolie

1,5 kg ontbeende dikribskyf, in blokkies gesny 2 uie, opgekap

2 knoffelhui­sies, opgekap

25 ml (5 t) paprika

5 ml (1 t) brandrissi­epoeier

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) swartpeper

2 tamaties, opgekap

25 ml (5 t) tamatiepas­ta

250 ml (1 k) Coke

250 ml (1 k) rooiwyn

VIR VOORSIT vars brood

250 ml (1 k) suurroom (opsioneel) vars kruie, gekap (opsioneel)

1 Verhit die olie in ’n potjie en braai die helfte van die vleis 1-2 min. Jy wil net elke stukkie effens seël. Jy hoef nie die vleis gaar te maak nie, en jy hoef dit ook nie aan alle kante te seël nie. Haal die vleis uit die potjie en herhaal die proses met die ander helfte. Wanneer die tweede sarsie klaar is, kan jy al die vleis in ’n bak of bord sit, bedek en eenkant hou, waar dit dan kan wag om later weer by die pot gevoeg te word.

2 Roerbraai die uie in die potjie sowat 4 min. tot hulle sag raak en voeg dan die knoffel by. Uie neem langer as knoffel, so braai altyd eers die uie voor jy die knoffel byvoeg. Dit is algemene raad wat nie net op hierdie resep van toepassing is nie.

3 Voeg al die geseëlde vleisblokk­ies van stap 1 by. Voeg ook die paprika, brandrissi­epoeier, sout en peper by. Wikkel die spulletjie 1 min. rond.

4 Voeg nou die tamaties, tamatiepas­ta, Coke en rooiwyn by en roer sodat dit lekker meng. Sit die deksel op, kry aan die kook en laat oor lae hitte prut. Jy wil hê die pot moet baie liggies prut.

5 Ideaal gesproke wil jy hom ’n uur rustig laat borrel – daarna haal jy die deksel af en laat verder prut tot jy tevrede is dat die sous dik genoeg is. Dit kan tot 30 min. neem, dalk korter. As jy haastig is, gee die pot meer hitte van onder om vinniger te prut en die vloeistof gouer te laat wegkook.

6 Sodra jy tevrede is met die sous, haal die pot van die vuur af en laat dit ’n paar minute staan.

7 Vir voorsit Sit die potjie voor saam met snye vars brood wat jy op die vuur gerooster het en lepels suurroom, indien verkies.

8 As kruie soos pietersiel­ie, basilie, roketblare of koljander in jou tuin groei, rond die potjie daarmee af.

 ?? ?? * KATEMBAPOT­JIE
* KATEMBAPOT­JIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa