Huisgenoot

MY EERSTE gunsteling­pasta

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 10 MIN.

-

500 g pasta

25 ml (5 t) olyfolie

25 ml (5 t) botter

1 ui, gekap

3 knoffelhui­sies, gekap

250 g spek, gekap

250 g sampioene

4 hoenderfil­ette vars gemaalde sout en swartpeper, na smaak

250 ml (1 k)

vars room vars kruie, gekap (opsioneel) suurlemoen­wiggies (opsioneel)

1 Sit die driebeenpo­t op die vuur en laat kook die pasta in soutwater tot 80% gaar. Die geheim is om dit nie heeltemal gaar te maak nie, want ons gaan dit later weer by die res van die gereg voeg om ’n tweede ronde te kook. Haal die pasta uit die pot en gooi die water af, maar hou ’n bietjie van die vloeistof in ’n koppie vir later.

2 Sit die potjie terug op die vuur en gooi die olie, botter en opgekapte ui by.

Soteer die ui ’n paar minute tot hy ’n lekker kleur begin kry.

3 Voeg nou die knoffel, spek en sampioene by die pot. Of jy die sampioene gaan opsny of nie, sal afhang van die grootte van die sampioene, en hoeveel jy daarvan hou om werk vir jouself te maak. Roerbraai tot die spek en sampioene gaar is.

4 Krap intussen ’n klompie kole van die vuur af weg en braai die hoenderfil­ette daaroor. Jy kan die filette met gewone sout en peper of jou gunsteling­braaisout persoonlik­heid gee.

Hoenderfil­ette neem 6-10 min. om te braai, so die hele maaltyd sal later mooi saam oor die eindstreep draf!

5 Terug by die pot: Sodra jy tevrede is met die spek en sampioene, plaas weer die pasta van stap 1 terug in die pot en meng die room daarby. Roer goed, en let veral daarop dat die pot nie droogkook en aanbrand nie. As die pot in enige stadium effens droog lyk, voeg van die pastawater by wat jy van stap 1 oorgehou het.

6 Sodra die hoenderfil­ette gebraai is, haal dit van die kole af en sny dit kunstig skuins in repe. Meng die hoender by die pasta in en sit voor.

 ?? ?? * MY EERSTE GUNSTELING­PASTA
* MY EERSTE GUNSTELING­PASTA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa