Huisgenoot

Gevulde HOENDERBOR­SIES

GENOEG VIR 4 MENSE. / BEREIDING: 20 MIN.. / GAARMAAK: 20 MIN.

-

4 hoenderfil­ette

8 matige pikantriss­ies, gekap

2 wiele fetakaas, gekrummel sap van

1 suurlemoen

25 ml (5 t) olyfolie

vars gemaalde sout en swartpeper, na smaak

heuning (opsioneel)

Sny minstens 20 stukkies kombuistou af, elk lank genoeg dat jy dit om ’n hoenderbor­sie kan draai en knoop. 1 Vat ’n vleishamer of wynbottel en tik die dik kant van elke hoenderfil­et een keer liggies sodat dit van sy houding ontslae kan raak. 2 Span ’n baie skerp mes in (hoe skerper, hoe veiliger) en sny die borsies een-een oop. Benader dit van die kant af, en begin jou snit reg in die middel van die dikste deel – van daar af werk jy jouself dieper in. Pasop dat jy nie deur die hoeke of die rugkant van die vleis sny nie – jy wil ’n sakkie maak wat jy kan vul, en hoe groter die sakkie, hoe meer vulsel kan jy inkry! Kom ons wees nou eerlik, jy gaan hier en daar deur die vleis sny. Dis nie ’n krisis nie, en jy kan dit regmaak wanneer jy die tou om die hoender draai.

3 Meng die pikantriss­ies en feta en stop die hoenderbor­sies met die vulsel.

4 Draai die borsies met tou vas om die spulletjie bymekaar te hou. Vir my doen vyf stukke tou per hoenderbor­sie die ding, en dan verloop die braaiprose­s glad. Waar jy deur die vleis gesny het en die vulsel wil uitpeul, trek net van die omliggende vleis oor die gat en knoop die tou styf om daardie punt. Sodra jy klaar is, gebruik ’n skêr om enige lang stukke tou wat los hang van die knope af te knip.

5 Drup die suurlemoen­sap oor elke stuk vleis, bedruip met die olyfolie sodat die hoender nie vasbrand nie, en geur met die sout en peper.

6 Braai 20 min. oor matige hitte of tot deurgaar. Jy moet die gevulde hoenderbor­sies soos hoenderbou­djies en -dytjies braai eerder as plat hoenderfil­ette. Gebruik matige hitte, vat dit stadig en draai gereeld.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa