Huisgenoot

Jan Braai se LAMSPITA

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 120 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN.

-

5 ml (1 t) elk koljandere­n komynsaad

5 ml (1 t) elk sout en swartpeper

2 knoffelhui­sies, gekap

sap van 1 suurlemoen

25 ml (5 t) olyfolie

6 lamstjops (daardie groot ovaal boudtjops met die ronde been in)

6 pitabrode

SOUS

250 ml (1 k) Griekse jogurt of volroomjog­urt ½ komkommer, gekap

25 ml (5 t) olyfolie 2 knoffelhui­sies, fyngekap vars gemaalde sout en swartpeper suurlemoen­sap

SLAAI

½ komkommer (die ander helfte)

2 groot tamaties of 12 kersietama­ties, gekap

1 kleinerige rooi-ui of ’n halwe grote, fyngekap

25 ml (5 t) elk vars ment, pietersiel­ie en origanum

25 ml (5 t) olyfolie

1 Kneus die koljandere­n komynsaad met ’n stamper en vysel en meng die sout en peper, knoffel, suurlemoen­sap en olyfolie by.

2 Smeer die tjops met die speserymen­gsel, bedek en laat 2 uur in die yskas marineer.

3 Sous Meng al die bestanddel­e goed.

4 Slaai Kap die komkommer, tamaties, ui en kruie en meng goed. Giet die olyfolie by om dit ’n lekker glans te gee.

5 Braai die tjops 1012 min. oor warm kole of tot gaar.

6 Sodra jy die tjops van die rooster afaal, pak die pitabrode op en rooster dit ’n paar minute oor die kole. Draai dit ’n paar keer en wees veral versigtig dat dit nie brand nie.

7 Gebruik ’n skerp mes om die tjops te ontbeen en die vleis in dun, skuins repies te sny.

8 Sny of skeur die pitabrode oop, stop vol met die vleis en slaai en bedruip met die sous. Sit voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa