Huisgenoot

PIESANG-&Nutella-ROLLETJIES

GENOEG VIR 6-8 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 8 MIN.

-

6 witmeel-wraps

Nutella-smeer

6 piesangs, geskil

1 Smeer elke wrap aan een kant met ’n lagie Nutella – maak seker dit is tot teen die rand bedek. Die smeer gee die gereg nie net geur nie; dis ook die gom wat die rolletjie bymekaarho­u.

2 Sit ’n piesang teen die rand van die Nutella-gesmeerde gedeelte van ’n wrap en rol een keer. Vou by die punte van die piesang die kante van die wrap binnetoe en steek dit in sodat die hele wrap so breed soos die piesang is. Rol die piesang verder tot jy iets het wat soos ’n groot Chinese rolletjie lyk. Albei punte sal toe wees en die rolletjie sal netjies en styf opgerol wees. Herhaal met die res van die wraps.

3 Pak die rolletjies op jou rooster en braai oor matige hitte. Draai die rolletjies versigtig met ’n braaitang sodat dit aan al vier kante braai. Die braaiprose­s behoort altesaam 8 min. te duur, afangend van hoe warm jou kole is. Gebruik maar jou goeie oordeel, want kole is nie altyd meer op hul beste wanneer jy al jou hoofmaalty­d gehad het en dan terugkeer vuur toe nie. Dit duur dalk langer.

4 Die rolletjies sal reg wees sodra die buitekant bros en gerooster is en die piesang binne sag is. Sny in die helfte en sit voor soos jy goeddink. Ek dink dit werk goed om dit saam met vanieljero­omys voor te sit.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa