Huisgenoot

SJOKOLADE-fondantpoe­ding IN ’N POTJIE

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 25 MIN.

-

BESLAG

1 eier

75 ml (5 e) botter, gesmelt

125 ml (½ k) melk

12,5 ml (2½ t) vanieljege­ursel

250 ml (1 k) bruismeel

25 ml (5 t) kakaopoeie­r

’n knypie sout

125 ml (½ k) suiker

160 g donkersjok­olade, in blokkies gebreek

SOUS

375 ml (1½ k) bruinsuike­r 50 ml (10 t) kakaopoeie­r

375 ml (1½ k) kookwater

VIR VOORSIT vars room of roomys

1 Beslag In jou no. 10-platboompo­tjie, klits die eier en gebruik jou houtlepel en meng die botter, melk en vanieljege­ursel met die eier.

2 Voeg die meel, kakao, sout, suiker en sjokolades­tukke by die beslag van stap 1. Gebruik net die suiker en kakao wat vir die beslag bedoel is, nie die sous se suiker en kakao nie – dit kom eers by die volgende stap. Alles moet deeglik meng; vat dus ’n houtlepel en gee jou arm werk. As jy onfiks is, kul een van jou vriende of familieled­e om jou te help, of koop ’n staafmenge­r (dit het my lewe verander).

3 Sous Meng die suiker, kakao en kookwater tot die suiker opgelos het en die mengsel glad is. Giet die warm sous oor die beslag wat reeds in die pot is. Moenie roer nie; giet dit net oor.

4 Sit die potjie se deksel op en bak 25 min. deur kole onder die pot te pak en ’n klompie kole op die deksel. Jou kunswerk is gereed wanneer die bokant van die poeding ferm onder jou vingers voel.

5 Vir voorsit Sit voor saam met vars room of roomys.

 ?? ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT
DIE DEMOKRATIE­SE REPUBLIEK VAN BRAAI (HUMAN & ROUSSEAU) DEUR JAN BRAAI. FOTO’S: MATTHYS VAN LILL. PRYS: R425. DIÉ PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT DIE DEMOKRATIE­SE REPUBLIEK VAN BRAAI (HUMAN & ROUSSEAU) DEUR JAN BRAAI. FOTO’S: MATTHYS VAN LILL. PRYS: R425. DIÉ PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa