Huisgenoot

WORD EEN VAN ONS JUNIOR BOERTJIES EN WEN

Huisgenoot en Landbouwee­kblad is op soek na Suid-Afrika se jong plaasliefh­ebbers. Skryf die ywerige klompie wat so lekker saam boer in en julle kan wen!

-

IS JOU kroos lief vir die plaas en vir boer? Help hulle met lammers grootmaak, groente kweek en ry op die trekker? Ken hulle die seisoene en wag dat die reën kom? Dis nie net grootmense wat kan boer nie – die jongklomp kan mos ook! Ons wil daardie nuwe generasie landboulie­fhebbers in ’n reeks aanlyn video’s vier. Huisgenoot en Landbouwee­kblad is op soek na Suid-Afrika se junior boertjies en wil spesiale video’s maak van die oulikste finaliste. Dié video’s sal op ons webtuistes verskyn, en lesers sal stem vir hul gunsteling- jong boere.

Skryf jou kind of tiener in – miskien kry jou spruit sy of haar oomblik in die kollig.

Daar’s boonop lekker pryse op die spel!

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? PRYSE Twee wenners kan elk R10 000 wen!
PRYSE Twee wenners kan elk R10 000 wen!
 ?? ?? Skandeer hier om in te skryf.
Skandeer hier om in te skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa