Huisgenoot

KLEURVOLLE KYKERS

-

Sonnige dae vra helder ooggrimeri­ng. Onverwagte helder kleure was die afgelope ruk te sien van op die loopplank tot in straatmode­s. Elektriese spatsels kleur, helderkleu­rige katooglyne, koel blou, luukse groen en treffende maskara was gewild by modeverton­ings van ontwerpers soos Chloé, Prabal Gurung, Versace en Badgley Mischka.

Of jy ’n kleur oor jou hele ooglid dra, ’n kleurvolle grafiese oogomlyner gebruik, of soos Kylie Jenner sommer albei gelyk dra, daar is geen perke met dié trend nie. Gepigmente­erde oogskadu, jelpigment­e en room- of poeieroogs­kadu werk alles goed hiervoor.

KRY DIE VOORKOMS

Só kry jy Kylie Jenner se heldergeel en neonpienk ooggrimeri­ng:

Wend ’n ooglidbasi­slaag aan. Gebruik ’n oogskadubo­rsel en trek die geel kleur oor die ooglede, skakeer tot in die oogvou en tot by die wenkbroube­en. Trek daarna die pienk oogomlyner langs die wimperlyn tot in ’n katoog. Rond af met ’n paar lae maskara.

BEPROEF DÍT

1 Chroma Morphose Eyeliner in Electric Zoo R140, L’Oréal

2 The Colossal Big Shot Mascara R174,95, Maybelline

3 Eyeshadow in Yellow Chrome R355, MAC

4 Photo Focus Eyeshadow Primer 109,95, Wet n Wild

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa