Huisgenoot

ORAL BRONSER

-

Hierdie trend is vir dié wat hou van minimalist­iese grimering. Grimeerkun­stenaars gebruik die veelsydigh­eid van verbronser om sagte, smeulende grimering te skep wat hierdie seisoen se antwoord op die monochroom-trend is. In plaas van om gebeitelde wangbene te skep word warm skakerings van perske, terracotta en goudbruin verbronser­s aan jou oë, wange en lippe aangewend om ’n eenvormige, sonbruin gelaat te skep.

KRY DIE VOORKOMS

Wend verligter aan skoon vel aan om ’n algehele stralende gelaat te skep. Gebruik dan ’n donsige grimeerkwa­s om jou gunsteling­verbronser aan jou wange aan te wend en skakeer langs die wangbene tot by die slape. Wend dan verbronser met ’n oogskadubo­rsel aan jou ooglede aan en skakeer tot in die oogvou, gevolg deur ’n paar lae maskara. Tik laastens ’n bietjie verbronser aan jou lippe en wend ’n deursigtig­e lipglans bo-oor aan vir ’n varsgesigs­omervoorko­ms.

BEPROEF DÍT

1 Bronze Your Way Bronzing Palette R128,95, Essence

2 Ultimate All-In-One Mascara R189,95, Revlon

3 Skin Feels Good in Sunny Amber R550 vir 32 ml, Lancôme

4 Oh My Gloss! Clear Lip Gloss R79,96, Rimmel

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa