Huisgenoot

TREK DIE LYN

-

Grafiese oogomlyner is altyd op die loopplanke by modeweke te sien, en netjiese katooggrim­ering het vanjaar weer opgeduik. Maar dié interessan­te kunstige lyne het beslis aandag getrek. Van die dolklyn by Valentino tot by die driedubbel­e swewende-oogvou-voorkoms by Giambattis­ta Valli en die dubbele vlerk by Chanel, hierdie seisoen se grafiese oogomlyner is nie net ’n groot trend nie; dit sorg ook vir maksimum impak.

KRY DIE VOORKOMS

Die swewende-vou-oogomlyner is een van die maklikste grafiese style om te bemeester. Maak so: Begin deur ’n basislaag oor jou hele ooglid aan te wend. Tik daarna ’n bleek oogskadu aan vir subtiele definisie en dimensie. Om die swewende oogvou te skep, maak jou oë toe om te bepaal waar jou werklike oogvou is. Gebruik dan die oogomlyner van jou keuse (potlood, vloeistof, jel of pen) en trek ’n boog net verby jou natuurlike vou om die swewende lyn te trek. Rond af met ’n paar lae maskara.

BEPROEF DÍT

1 Art Couleurs Eyeshadow in Take Me to Desert R69,95, Catrice

2 Prime & Lock Eye Primer R175,95, Revolution

3 MACstack Mascara R500, MAC

4 Liquid Eyeliner 159,95, Maybelline

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa