Huisgenoot

BLINK LIPPE

-

Deurskynen­d, effens getint of volkleur: Blink lippe is terug met mening.

Van ’n omlynde pruilmond met neutrale blink lipstiffie tot glansryke rooi, blink variasies gaan beslis jou lippe die praatwerk laat doen. Die beste ding omtrent die Y2K-lipglanshe­rlewing? Dit het dieselfde hoeveelhei­d glans sonder die taaigeit. Baie formulerin­gs bevat ook bevogtigen­de eienskappe. Jy kan óf die glanslip met mat grimering kombineer óf jou lippe by jou glasgelaat laat pas.

KRY DIE VOORKOMS

Berei voor met ’n lipskropmi­ddel gevolg deur ’n lipsalf. Vee oortollige lipsalf met ’n sneesdoeki­e af en wend lipomlyner aan. Gebruik kort hale en omlyn die rande van jou lippe, want dit sal help om lippe te definieer en verhoed dat lipstiffie bloei of smeer.

Wend daarna die kleur van jou keuse aan. Vir ekstra volume, kies ’n lipglans met subtiele weerkaatse­nde deeltjies en wend dit dan bo-oor jou lipstiffie aan.

BEPROEF DÍT

1 Lip Scrub & Lip Balm Duo R130 vir 15 ml, Dr. PawPaw

2 Colorsplur­ge Lip Color Stick in Scarlet R195, Black Opal

3 ColorStay Lip Liner in Red R185,95, Revlon

4 High Shimmer Lip Gloss in Bare Sparkle R480, Bobbi Brown

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa