Huisgenoot

NATUURLIKE HAREDOS

-

Pak die haardroër, krultang of versteiler weg! Hierdie somer is die in ding om jou natuurlike haartekstu­ur te omhels, eerder as om dit te probeer verander. Die neiging fokus op haargesond­heid en om die beste uit jou natuurlike tekstuur na vore te bring – hetsy reguit, golwend of krullerig. Van luggedroog­de krulle tot bonsende bobs, hierdie styl is maklik met die regte produkte en tegnieke.

KRY DIE VOORKOMS

Wend ’n aanbly-opknapper aan skoon, nat hare aan. Borsel of kam die hare sagkens uit terwyl dit nat is. Druk dit dan droog met ’n mikrovesel­handdoek om oortollige water te verwyder. Wend dan die regte produkte vir jou haarsoort aan: ’n Goeie seesout- of tekstuursp­roei kan sorg vir strandgolw­e vir krulhare, ’n krulvoorbe­reidingsro­om sal vog en definisie verleen aan fyn hare, gevolg deur ’n bevogtigen­de sproei wat ekstra volume en glans gee. Laastens, moenie aan jou hare raak nie en laat dit net natuurlik droog word.

BEPROEF DÍT

1 Strictly Curls Curl Envy Cream R189,95 vir 177 ml, Marc Anthony

2 Quench! Moisture Intensive Leave-in Conditione­r R144,95 vir 355 ml, Aunt Jackie’s

3 Weightless Shine Air Dry Crème R270 vir 150 ml, Kristin Ess

4 Hair Play Sea Salt Spray R310 vir 200 ml, KMS

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa