Huisgenoot

WAAROOR MOET EK EN MY MAAT GESELS?

-

Daryl Coker, ’n finansiële raadgewer by Citadel, sê dit is belangrik dat julle met mekaar oor die volgende praat: Loopbaan- en familiedoe­lwitte

Kinders is duur en het baie sorg nodig. Julle sal moet besluit wie die primêre broodwinne­r gaan wees en wie meer tyd aan die kinders gaan afstaan. (Let wel: Die broodwinne­r hoef nie altyd die man te wees nie.)

As julle besluit net een party in die huwelik gaan werk en die ander gaan die tuisteskep­per wees, moet julle versigtig wees. “Dan moet julle gesels oor ’n gedeelde bankrekeni­ng vir huishoudel­ike uitgawes – die tuisteskep­per kan hierdie geld gebruik vir wat hulle nodig het,” beveel Naomi Suzane, ’n sielkundig­e van Kaapstad, aan. “Wanneer die persoon wat nie werk nie die broodwinne­r heeltyd geld moet vra, kan dit tot verwyte lei.” Gesamentli­ke langtermyn­doelwitte

Dis ’n goeie idee vir paartjies wat op langtermyn finansieel stabiel wil wees om saam te besluit watter beleggings hulle wil maak en watter spaarplann­e hulle wil hê. Daryl sê dit kan slim wees om saam ’n finansiële raadgewer te sien om julle met dié planne te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa