Huisgenoot

Die son is die ster van die vertoning

-

DIE Daniel K. Inouye-sontelesko­op het nuwe foto’s van ons ster geneem wat jou mond sal laat oophang. Dié teleskoop, wat op Maui in Hawaii geleë is, is die sterkste sontelesko­op op aarde.

Wetenskapl­ikes gebruik die instrument om die oppervlak van die son, sy buitenste “atmosfeer” en magnetiese veld te bestudeer.

Die nuwe prente gee die kenners ’n hoëdefinis­iekykie na die son se chromosfee­r.

Dis die middelste laag van die son se buitekant wat lyk soos ’n harige tapyt. Die chromosfee­r staan ook bekend as die “ring van kleur” en is sigbaar as ’n gloeiende rooi ring gedurende sonsverdui­sterings.

Van die ander foto’s wys strukture wat aan ’n byekorf herinner wat in die gebied bokant die son se oppervlak voorkom. Elkeen van dié selletjies is 1 600 km breed.

Sterrekund­iges sê die teleskoop, wat bo-op die berg Haleakalā staan, voldoen aan sy belofte om die son te onthul op maniere wat ons nooit van kon droom nie. Met die teleskoop se hulp kan kenners uitwerk hoe om ruimtevaar­ders veilig te hou gedurende tye waarin die son hoë bestraling afgee.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa