Huisgenoot

AMARA GOES TO THE OLYMPICS

-

LADY ZAMAR

VIR OUDERDOMME: 6+

Dié oulike storieboek is deur die bekroonde plaaslike sangeres Lady Zamar geskryf. Die verhaal gaan oor ’n jong meisie, Amara, wat op skool geboelie word.

Sy besluit om aan die skool se “Olimpiese Spele” deel te neem. En sy gaan nie haarself tot een sport beperk nie. Nee, sy gaan aan elke sportsoort deelneem. Gaan dié dapper meisie sukses behaal of net ’n groot grap van haarself maak?

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa