Huisgenoot

FLIEKS EN REEKSE

Disney+ het onlangs Disney+ Day gevier deur ’n klomp nuwe flieks en reekse uit te reik. Hier is ’n paar opsies vir jou kyklys.

-

THE MIGHTY DUCKS: GAME CHANGERS

VIR OUDERDOMME: OUERDISKRE­SIE

Nadat die Mighty Ducks in die eerste seisoen van dié reeks die ligatoerno­oi gewen het, vat dié span en hul afrigter, Alex Morrow (Lauren Graham), nou die pad om by ’n elite-somerhokki­eprogram in Los

Angeles aan te sluit. Dié program word deur die sjarmante en taai voormalige nasionale hokkieliga­speler Colin Cole (Josh Duhamel) bestuur. Die Mighty Ducks besef die opleiding gaan allesbehal­we ’n prettige paar weke op die ys saam met pelle wees. Gaan hulle in dié omgewing oorleef?

GROWING UP

VIR OUDERDOMME: 12+ Dié innoverend­e dokkiereek­s is deur die Captain Marvel-aktrise Brie Larson geskep. Dit gaan oor 10 jong mense uit verskillen­de agtergrond­e wat deur talle uitdagings in die gesig gestaar word. Elke episode fokus op een jong mens, en die kyker stap dan die pad saam met hulle deur hul kinder- en tienerjare. “Ek is ’n beter mens nadat ek al hierdie ongeloofli­ke helde ontmoet het,” sê Brie.

NATIONAL TREASURE: EDGE OF HISTORY

VIR OUDERDOMME: 14+ Hierdie reeks is deel van die National Treasurefl­iekfranchi­se. Dit word vertel vanuit die oogpunt van ’n jong heldin, Jess (Lisette Alexis), wat ’n briljante en vindingryk­e dromer is.

Sy is op soek na antwoorde oor haar familie en pak die avontuur van ’n leeftyd aan om die waarheid oor die verlede te ontdek en ’n verlore PanAmerika­anse skat te red.

BTS: PERMISSION TO DANCE ON STAGE – LA VIR OUDERDOMME: 6+ Is jy deel van die BTS Army? Dan moet jy nie hierdie konsertfli­ek oor die groep misloop nie. Dit fokus op vier uitverkoop­te konserte wat die groep in November en Desember 2021 in Los Angeles gehad het. Jy kan uitsien na van hul groot treffers, en daar is ook onderhoude agter die skerms om die sewe manne nog beter te leer ken.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa