Huisgenoot

BELEDIGING VIR DIE BRUID

-

Nicola was glo woedend omdat die sanger Marc Anthony, ’n vriend van die Beckhams, op die onthaal meer aandag gegee het aan haar nuwe skoonma as aan haar. “Nicola is mal daaroor om die middelpunt van aandag te wees,” vertel ’n vriendin.

Victoria het Brooklyn volgens sommige bronne “gekaap” om die dansvloer op die maat van Marc se liedjie “You Sang to Me” te open.

“Nicola was so ontsteld dat sy met haar suster en ma daar uitgestorm het,” vertel ’n bron. “Sy het haar oë uitgehuil.”

Nog ’n bron beaam: “Die gaste kon agterkom iets het gebeur. Dit was ongemaklik vir die paartjie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa