Huisgenoot

STRYD TUSSEN DIE OUERS

-

Die Beckhams kom blykbaar ook nie meer oor die weg met hul skoondogte­r se ouers, Nelson en Claudia, nie. Albei pare was saam op hul kinders se Italiaanse wittebrood, maar het glo min tyd saam deurgebrin­g. Nicola se pa, Nelson, is ’n miljardêr-belegger en het ’n netto waarde van R25 miljard. Hy het glo aangebied om Brooklyn te steun in enige ondernemin­g wat hy wil aanpak. Volgens skinderton­ge wil die pasgetroud­e paartjie hul eie weergawe van die Beckhams se skoonheids­ryk bou, en hul ambisieuse planne laat moontlik wrywing ontstaan. “Brooklyn en Nicola het met rede besluit op die van Peltz-Beckham. Alles gaan oor die familiehan­delsnaam. Nicola en haar ma bedink als, en Nelson verskaf die geld”, sê ’n bron.

Victoria was glo ongelukkig toe die modereeks Superdry Brooklyn die trekpas gegee het net agt maande nadat sy “’n paar toutjies getrek het” om vir hom die werk te kry. “Dis so ’n teleurstel­ling om te sien hoe Brooklyn al hierdie geleenthed­e weggooi,” sê die bron, en voeg by hy kon sekere pligte nie nakom nie omdat “dit nie in sy rooster gepas het nie”. Maar nou het hy sy skoonpa se steun om sy eie ding te doen – selfs al beteken dit hy sal dalk in sy ma se veld speel.

 ?? ?? Brooklyn en Nicola saam met haar ouers, Claudia en Nelson (links), Victoria en haar dogter, Harper, toe die gesinne besig was om mekaar te leer ken.
Brooklyn en Nicola saam met haar ouers, Claudia en Nelson (links), Victoria en haar dogter, Harper, toe die gesinne besig was om mekaar te leer ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa