Huisgenoot

VERDEELDE FAMILIE

-

’n Bron in die Beckhams se kring vertel die koue oorlog tussen skoonma en skoondogte­r dryf ook ’n wig tussen die Beckhams en hul seun in. “Hulle het nie die afgelope paar maande met hom gepraat nie”, sê die bron.

Die bron verklap verder die Beckhams was geïrriteer­d toe Brooklyn ’n voorblad aanlyn gedeel het van die Britse tydskrif Tatler waarop Nicola “die nuwe Mevrou Beckham” genoem word.

Nicola het in die onderhoud met Tatler gesê haar man wend hom tot haar pa vir raad oor sakebeslui­te, eerder as om met sy eie ouers te praat.

“Brooklyn raak meegevoer met sakegeleen­thede en dis baie oulik om te sien. Ek kyk hoe hy my pa bel en vra:

‘Wat dink jy hiervan?’

Ek hou daarvan om te sien hoe hy by my pa leer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa