Huisgenoot

BABA NO. 4 VIR BLAKE

-

BLAKE LIVELY het haar vierde swangerska­p vroeër vandeesmaa­nd aangekondi­g op ’n indrukwekk­ende manier wat niemand kon miskyk nie.

Pleks van ’n amptelike aankondigi­ng op sosiale media of in ’n onderhoud, het die wêreld uitgevind Blake (35) en Ryan Reynolds (45) se vierde kind is op pad toe die aktrise by die Forbes Power Women’s Summit in ’n nousluiten­de Valentino-minirok opgedaag het en met haar bababoepie op die rooitapyt vir foto’s poseer het. Sy het haar uitrusting afgerond met hemelhoë hakskoene, ook deur Valentino.

Blake het in ’n gesprek by die geleenthei­d gepraat oor haar ervaring as kunstenaar en sakevrou.

“Ek hou van skep. Of dit nou fyngebak, stories, ondernemin­gs of mense is. Ek hou baie daarvan om dinge te skep.”

Blake het reeds drie dogters, James (7), Inez (5) en Betty (2). Ons kyk terug na die vorige kere toe sy swanger op die rooitapyt verskyn het.

‘Ek hou van skep. Of dit nou fyngebak, stories, ondernemin­gs of mense is. Ek hou baie daarvan om dinge te skep’ – BLAKE LIVELY

 ?? ?? 2014
Blake het haar swangerdeb­uut gemaak by die Golden Heart Awards. 2016
Sy het haar tweede swangerska­p ’n bietjie weggesteek by die Met Gala in ’n rok van Burberry. 2019
Met Ryan en Blake se derde kind het hulle die koppe laat draai by die premiere van Pokémon Detective Pikachu.
2014 Blake het haar swangerdeb­uut gemaak by die Golden Heart Awards. 2016 Sy het haar tweede swangerska­p ’n bietjie weggesteek by die Met Gala in ’n rok van Burberry. 2019 Met Ryan en Blake se derde kind het hulle die koppe laat draai by die premiere van Pokémon Detective Pikachu.
 ?? ?? Blake is onlangs gesien saam met haar drie dogters Betty, Inez en James.
Blake is onlangs gesien saam met haar drie dogters Betty, Inez en James.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa