Huisgenoot

’N FAMILIE ROU

-

Die koningin was nooit juis iemand wat haar emosies gewys het nie. ’n Mens moes maar altyd raai watter gevoelens sy in die openbaar agter haar stywe Britse bolip wegsteek.

Haar familie het nog altyd hard probeer om dié voorbeeld na te volg, maar hulle kon dit nooit heeltemal so goed regkry nie.

Ook vandag, soos wat haar kis uit die kerk uitkom, is die hartseer baie duidelik sigbaar op die gesigte van die Windsors wat saam met koning Charles III agter hul matriarg se oorskot aanstap.

Onder hulle is prinses Anne en haar man, sir Timothy Laurence; prins Andrew; prins Edward en sy vrou, Sophie; prins William, sy vrou, prinses Kate, en hul oudste twee kinders, prins George en prinses Charlotte – laasgenoem­de met ’n klein swart hoedjie op haar kop) – en prins Harry en sy vrou, Meghan.

Charles en Andrew het kort vantevore albei gedurende die diens ’n paar trane gestort.

Anne is die meeste soos haar ma, sê Judi James, ’n kenner van lyftaal. “Ons het Charles betraand gesien oor sy ‘darling Mama’, en ons het gesien hoe ander adellikes mekaar drukkies gee en troos. Maar Anne het dit duidelik haar plig gemaak om deurgaans stille krag en stabilitei­t uit te straal.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa