Huisgenoot

’N SEDIGE SEREMONIE

-

Ook wat die inhoud van die diens betref, is die koningin se wense gerespekte­er. Sy is voor haar dood gevra watter musiek sy graag daar gespeel sou wou hê, en dis toe so uitgevoer.

Benewens drie gesange wat sy aangevra het, het die Skotse komponis James MacMillan en die koningin se amptelike musiekmees­ter, Judith Weir, twee nuwe werke vir die begrafnis gekomponee­r.

Die eerste gesang, “The Day

Thou Gavest Lord Is Ended”, is gekies om gesing te word nadat dr. David Hoyle, die dekaan van Westminste­r, die openingsge­bed gedoen het. “The Lord’s My Shepherd” is gekies omdat dit een van die koningin se gunsteling­e was – dis ook op haar troue gesing.

En toe is “Love Divine, All Loves Excelling” gekies om gesing te word nadat die Onse Vader voorgelees is.

Nog musiekkeus­es sluit in

“The Last Post”, wat tradisione­el op militêre begrafniss­e deur trompette gespeel word, en “Reveille”, ’n seremoniël­e stuk om die twee minute gewyde stilte te volg.

“Sleep, Dearie, Sleep” is gekies om deur ’n doedelsaks­peler van die Skotse regiment– dieselfde man wat haar elke oggend met sy instrument wakker gemaak het – gespeel te word terwyl die kis en die prosessie die kerk verlaat.

 ?? ?? Die familie toon hul respek. Van links is prins Harry se vrou, Meghan, Camilla, George, Kate en Charlotte.
Die familie toon hul respek. Van links is prins Harry se vrou, Meghan, Camilla, George, Kate en Charlotte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa