Huisgenoot

HAAR FINALE RUSPLEK

-

Lank nadat die koningin se begrafniss­toet en haar gevolg verdwyn het van waar ons klompie buite die kerk hulle kon sien, volg ’n veel kleiner seremonie.

Dié keer kom die koning en sy naaste familie in die St. George’s-kapel in Windsor, ver van die kameras en die skares, byeen om Elizabeth II tot by haar finale rusplek te besorg. Dié diens word deur David Connor, die dekaan van Windsor, gelei. Windsorkas­teel was die afgelope twee jaar haar woonplek.

Weer eens het die koningin self ’n aandeel in die beplanning van dié seremonie gehad. Sy het onder meer ’n paar orrelwerke gekies wat deur William Henry Harris, ’n voormalige orrelis van die Chapel Royal, verwerk is.

Elizabeth was nog jonk toe William in sy pos was; hy was haar klavierond­erwyser. Hy het ook ’n gesang, “Bring Us, O Lord God”, geskryf wat op die diens gesing is.

Genadiglik word die talle peperduur juwele wat op die koningin se kis rus nie saam met haar begrawe nie. Nadat dit verwyder is om vir toekomstig­e koninklike geleenthed­e gebruik te word, plaas Charles ’n vlag op die kis, en die hoof van die koningin se huishoudin­g, die Lord Chamberlai­n, breek ’n ander staf om ook daar neer te lê.

Die aartsbisko­p van Kantelberg, hoof van die Anglikaans­e Kerk, spreek die seën uit, en die gemeente sing “God Save the King”. En daarmee is die plegtighed­e verby.

’n Gepaste einde vir ’n vrou wat ondanks haar status as wêreldfigu­ur tog ook daarin geglo het om so privaat moontlik te lewe. Ja, sy sou die plegtighed­e van dié dag met waardighei­d trotseer het, maar ’n mens vermoed ook sy sou verlig gewees het om eindelik ver van die openbare oog te kon rus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa